
Na aanleiding van ‘n baie interessante gesprek het ek besluit om vir my ‘n sonoond aan te skaf. Ek maak baie graag vleis in die oond gaar en hou daarvan om dit lank in te hou, wat elektrisiteitsverbruik kan opstoot. Met ons Suid-Afrikaanse son wat so graag op ons neerskyn, dink ek toe by myself: Hoekom dan nie? Gestel ek kan ‘n skaapboud vir ‘n dag in die sonoond sit en op so ‘n manier die elektriese oond spaar, hoekom dan nie?
My sonoond het op een koue, reënerige dag hier opgedaag en sedertdien was ons program nog so vol dat ek dit nog nie kon uittoets nie. Vanoggend haal ek toe ‘n halwe boerbokboud uit die vrieskas en sit dit in die sonoond met die gedagte: Kom wat wil. Kom ons kyk wat gebeur.
Daar was baie dinge wat teen my getel het: 1) Die boud was gevries. 2) Die somer is nog nie regtig hier by ons nie, dit was vandag kouerig en vanoggend bewolk. Die stoep waar ek gedink het dit kan werk, het ‘n dak oor wat die son gekeer het, so ek moes die sonoond verskuif na ‘n lieflike plekkie in die son, maar waar daar ‘n effense koue wind gewaai het.
Met die koue, bewolkerigheid en effense windjie in gedagte, was ek nie ontsteld dat die oond se temperatuur stadig gestyg het nie. Op sy warmste was hy ‘n rukkie by 140 grade Celsius, maar meestal tussen 90 en 120. Ek het die halwe boudjie vanoggend kwart oor 10 ingesit en by vier nm het die son alreeds weer begin kwyn. Toe ek dit ná 5 uithaal, was die boud lieflik gaar!

Eksperiment geslaagd.
Toortsie
Ns. Dit wil al vir my lyk of Toortsie se vleisgeregte wel in die sonoond gaargemaak kan word!
Dit lyk heerlik!!!
LikeLike
Ek is heel verbaas!
LikeLike
Dis nou n oulike idee!
LikeLike
Ek dink nogal dat ek dit sal benut.
LikeLiked by 1 person
Dis perfek vir by julle met die baie son of eintlik warmte. Baie bly om te hoor dit werk so goed.
LikeLiked by 2 people
Dankie. Persoonlik dink ek dat dit selfs nog beter sal werk soos wat die dae warmer raak.
LikeLiked by 1 person
Netso.
LikeLike
Ek dink ek wil ook een hê! Veral noudat ek so op krag moet spaar en skaars my oond kan gebruik….
LikeLiked by 2 people
As jy ‘n lekker sonplekkie het, kan dit regtig goed werk.
LikeLike
Ek het….waar het jy gekoop??
LikeLiked by 1 person
Kyk, ek het die skakel bygesit. Anders, google net sonoonde.
LikeLike
karooplaas.co.za
LikeLiked by 1 person
Dit kyk lekker! Wys jou net. Ons is mos d land van sonskyn!
LikeLiked by 1 person
Jip. En ons moet dit benut. 😁
LikeLike
Kan jy nou meer! En jy kan seker die oondjie rondskuif waar die son gaan, of hoe? Ek is baie beindruk met hoe lekker daardie boudjie lyk!
LikeLike
Ja, jy kan die oondjie rondskuif. Maar daar is beperkinge. Waar daar baie plek is vir die oondjie om te staan, dis nou by my huis, waai die wind. So hy staan op ‘n nou stoepie en as jy hom begin dwars draai agter die son aan, kan niemand daar verby nie. Gelukkig is dit darem nie onoorkomlik nie.
LikeLiked by 1 person
Hier op Langebaan sal die wind die oondjie redelik opdraande gee 😁. Maar ek’s seker mens sal ‘n plan kan maak!
LikeLiked by 1 person
Ek is nie seker of die wind ‘n te groot faktor is nie. Maar dit koel wel af as die son al ver sit. Die wind kom darem mos gewoonlik eers in die namiddag.
LikeLiked by 1 person
My dierbare Toortsie, hier waai die blikslater al van 10:00 die oggend af (of sommer van vanaand tot moreaand) … hierdie tyd van die jaar is wind se kind op sy beste (my hooikoors kan dit beaam 🤧). Maar ek dink jy’s reg, mens het net lekker warm son nodig … ek sal bietjie jou “eksperimente” dophou!
LikeLiked by 1 person
Soek maar vir jou ‘n sonhoekie uit die wind uit! 😁😂
LikeLiked by 1 person