Ek en my fietsie in die Klein Karoo

Dit is nou behoorlik ‘n nuwe lewe wat vir my oopgaan: Ek en my fietsie en die honde. Te bakkie saam met my man het ek al die plaas platgery, maar ek is bevrees, op my eie gaan ek dalk steeds verdwaal omdat ek nie altyd plet nie en my gedagtes dwaal. Te voet het ek ook al stukkies verken, maar nou, te driewiel … man!, dis ‘n lekker besigheid! Daar is natuurlik ‘n paar goed wat nou in die beginstadium is en wat almal tegelyk ontwikkel: 1) Ek moet selfvertroue kry om vir Fietsie behoorlik te hanteer. 2) My lyf moet die nuwe tipe oefening gewoond raak, maar ek moet sê, ons stappery in die berg help nogal my bene! 3) Ek moet my ‘toerusting’, my ‘instrument’ leer ken. 4) Ek moet die terrein waar ek ry, leer ken, leer om waar die pad grof en ongelyk is, met gemak te ry.

Ek vorder al mooi. San het gevra dat ek foto’s moet neem. Die Klein Karoo is maar baie droog. Vir vier tot vyf jaar het ons nie voldoende reën gekry nie. ‘n Ruk gelede was die wêreld nie meer bruin nie, maar swart. In hierdie jaar het die Here reën gestuur waarvoor ons baie dankbaar is. Nog nie genoeg sodat daar uit die die Floriskraaldam water gelei kan word nie, maar genoeg dat ons darem hier en daar weer ‘n bietjie kon boer.

Dit wat jy hier voor jou sien, is nie ‘n stuk Karoo-bossies nie. Dit is ‘n dam wat smag na water. Wanneer ons eendag weer so bevoorreg is dat hy vol is, sal ons die water uit dankbaarheid gebruik om die lusernlande nat te lei.
Dis eintlik lusernlande. Of eerder, dit was lusernlande voor die droogte, 5 jaar gelede. Vanjaar is daar darem ‘n groenigheidjie … en hier en daar ‘n bietjie lusern wat groei.
Danksy die reën wat ons wel hierdie winter gehad het en water wat die rivier aangebring het, kon ons wel ‘n paar lusernlande natspuit. Ons is die Here geweldig dankbaar hiervoor.
Ja, hier is ‘n dam wat water het! Alle eer aan Hom.

Ek en Fietsie sal nog weer kom vertel waar ons oral was.

Toortsie

11 thoughts on “Ek en my fietsie in die Klein Karoo

  1. Sien, so sal ek ook op die plaas kan fiets ry … niks ge-uitswaaiery vir aankomende verkeer nie (soos in die dorp). Ek’s bly om die bietjie groenigheid te sien – het gedink julle het meer reen gekry, maar ons hou altyd aan met bid en hoop vir nog ‘n bietjie genade uit die Heer se hande.
    Geniet dit Toortsie – jy en Fietsie gaan nog daai plaas paaie blink ry!!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s