Nog ‘n Goue Vroue E-boek

Dis elke keer lekker as ons ‘n e-boek publiseer. Die nuutste e-boek bevat ons Afrika-avontuur. Goue Vroue in Jumanji.

Ons is baie opgewonde hieroor. Die Goue Vroue was weer op een van hulle vele wonderlike avonture – hierdie keer in die oerwoud in Afrika. Soos dit altyd met die Goues die geval is, is hierdie geen uitsondering nie en was dit ’n avontuur gevul met opwinding en gevaar. Adrenalienbelaai. Die dames het soms tuimelend bo-oor mekaar rondgeval, ander kere gillend vasgeklou vir lewe en dood! Op die ou end, soos nog altyd vantevore, het hulle die Jumanji-uitdaging met vlieënde vaandels geslaag. 

Soos elke keer het ons tog te lekker saamgeskryf en saamgelag. Laai gerus vir jou die GRATIS E-BOEK HIER af en geniet die storie saam met ons.

Loer gerus HIER watter boeke en e-boeke nóg beskikbaar is uit die Goue Vroue se pen en ook deur Toortsie geskryf.

Toortsie

12 thoughts on “Nog ‘n Goue Vroue E-boek

Gesels saam, asseblief!