Dis elke keer lekker as ons ‘n e-boek publiseer. Die nuutste e-boek bevat ons Afrika-avontuur. Goue Vroue in Jumanji.
Ons is baie opgewonde hieroor. Die Goue Vroue was weer op een van hulle vele wonderlike avonture – hierdie keer in die oerwoud in Afrika. Soos dit altyd met die Goues die geval is, is hierdie geen uitsondering nie en was dit ’n avontuur gevul met opwinding en gevaar. Adrenalienbelaai. Die dames het soms tuimelend bo-oor mekaar rondgeval, ander kere gillend vasgeklou vir lewe en dood! Op die ou end, soos nog altyd vantevore, het hulle die Jumanji-uitdaging met vlieënde vaandels geslaag.

Soos elke keer het ons tog te lekker saamgeskryf en saamgelag. Laai gerus vir jou die GRATIS E-BOEK HIER af en geniet die storie saam met ons.
Loer gerus HIER watter boeke en e-boeke nóg beskikbaar is uit die Goue Vroue se pen en ook deur Toortsie geskryf.
Toortsie
Hierdie Goue Vroue behoort in ons parlement te wees … as hulle woeste & wilde Afrika kan oorleef, behoort dit mos kinderspeletjies hier in SA te wees 😉.
LikeLiked by 2 people
Nou praat jy darem mooi! 😁
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Dankie! Hier gee jy my nou ‘n idee vir ‘n nuwe storie in die toekoms … watch this space!
LikeLiked by 1 person
Ek wag in spanning Toortsie 😅 … die Republiek van die Goue Vroue …
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLiked by 1 person
En hul hoofkantoor op Rebusfontein!!
LikeLiked by 1 person
Nou sien jy, daar’t jy alreeds die storie begin …
LikeLike
Nee, die Goue Vroue gaan nou eers troue hou in Italië 🙂
LikeLiked by 1 person
Oee lekker, ek gaan virtueel saam!
LikeLiked by 1 person
Jy kan natuurlik saamskryf ook as jy wil! 😁
LikeLiked by 1 person
https://seegogga.com/2021/09/28/thats-amore-europa-hier-kom-ons-hoofstuk-1-van-die-goue-vroue-se-nuwe-avontuur/
LikeLike