Dit wat jy glo

Self-belief. Dit wat jy in jou hart glo. Vanoggend was my leermeester Prof Tim Noakes in die ‘Essential Coaching Skills’-afdeling van die Banting Coach-kursus wat ek by Nutrition Network doen. Wat ‘n ongelooflike lesing oor iets waaroor ek ook opgewonde is. Daai ding van wat jy in jou hart glo. Want dit wat jy glo bepaal op die ou end of jy ‘n sukses gaan maak, of nie.

Ek het al daarmee te doen gekry in Bedryfsielkunde op Universiteit. Oor motivering, maar tóé het ek nog nie genoeg opgelet nie. Tog het daar klein saadjies op my braakland geval. En in my HOD-jaar het ek ook geleer van kinders motiveer deur positiewe denke. Of dalk is dit maar net wat nog altyd vir my trek: Positiwiteit. As deel van Amway se International Dreambuilders Assosiation het ek ook juis dít geleer: Jy doen wat jy glo. Dit staan immers ook in die Bybel.

Want ons onderbewussyn glo wat ons sê en dink. As ek dink dat ek iets nie gaan regkry nie, kan ek dit maar by voorbaat op my maag skryf. Maar as ek glo dat ek dit kan doen, sal ek kan. Soms het ek ‘n bietjie aanmoediging van iemand anders nodig in tye wanneer ek wil moed opgee. En as iemand anders in my glo, selfs net een persoon, versterk dit my wil om sukses te behaal.

By Amway het ons geleer om dit wat ons droom, neer te skryf. Of ‘n foto van dit wat ons wil behaal of bereik teen ons yskas op te plak. Sodat ons gereeld daaraan herinner word.

Deesdae het my doelwitte verander. Ek is dalk nie meer so suksesgedrewe soos wat ek in my jonger jare was nie. Of dalk lyk my doelwitte eerder anders? Meet ek sukses anders. Wil ek heeltemal ander dinge bereik en nie meer sulke hoë hoogtes nie. Wil ek ander mense eerder inspireer. Meer tyd saam met God deurbring. Die lewe ervaar. Maar dit is waar ek nou is en steeds beteken dit nie dat ek ‘nie doelwitte het nie’, my doel in die lewe het dalk net verander.

Ek wil steeds nie ‘n voltydse Banting Coach raak nie. Ook nie ‘n voltydse TPM-fasiliteerder nie. Of ‘n voltydse kosskrywer nie. Maar ek wil voltyds leef. Vir mense wat God oor my pad stuur wat my hulp benodig, na die beste van my vermoë help. Mense aanmoedig om hulle beste self te raak. Om in hulleself te glo. Om in God te glo.

Toortsie

Ek kan die kursus met ‘n oop gemoed aanbeveel.

5 thoughts on “Dit wat jy glo

  1. Toortsie, ek dink jy slaan die spyker op sy kop … ons doelwitte verander maar so met die jare.
    Ek het op ons Camino’s geleer (onder andere) dat as jy glo jy iets kan doen, is dit beslis moontlik. Aan die begin van ons stap in Pamplona, kon ek nie glo dat ek 720km ver kan stap nie … maar die wil was daar – ook die aanmoediging van my man – en toe ek 29 dae later in Santiago instap, het ek net geweet alles is moontlik as jy glo jy kan dit doen (en dit staan mos ook in die Bybel – Fil 4:13 😊).

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s