Terugspieël. Is dit die Afrikaanse woord vir ‘Backtracking’? Om, in ‘n gesprek ‘n woord of twee uit die ander persoon se gesprek te herhaal?
In huweliksverrykinskursusse wat ons al bygewoon het, het ek daarmee te doen gekry, maar dis elke keer net terloops in die lesing genoem. Ek kan nie onthou of ons dit regtig toegepas het nie. Ek het ook daarmee te doen gekry in boeke wat ek gelees het oor verhoudings, ens. Ek weet daarvan, maar moet erken dat ek dit nog nooit regtig toegepas het in my lewe nie. Dalk doen ons dit in TPM. Ja! Ons doen dit in TPM! Ons vra die baie spesifieke vrae volgens die prosesgids, maar gebruik altyd van die persoon se presiese woorde in ons vraag. Hoe voel jy daar waar … Hoekom is jy kwaad/vies/hartseer/watter-woord-die-persoon-ookal-gebruik.
In my Banting Coach kursus by Nutrition Network is ons nou klaar met die wetenskaplike gedeelte waar dokters, spesialiste, wetenskaplikes, dieetkundiges ons geleer het van diabetes, obesiteit en natuurlik die voordele van die Ketogeniese leefstyl. Nou is ons by die coaching gedeelte. Dis mos maklik, ek is mos ‘n juffrou? Toe nie heeltemal so maklik nie.
Colleen-Joy Page lei ons op in gesprekvoering. Om ware ‘coaches’ te word. En sy laat ons die vaardighede oefen. Vyf dae lank aan elkeen. Die eerste vaardigheid wat ons moet leer is Terugspieëling. Op dag een moet ons op ‘n positiewe manier terugspieël op minstens vyf verskillende plekke. Ons moet leer om behoorlik te luister wanneer die ander persoon praat. Watter woorde word beklemtoon, is deel van die oplossing? Maar ons moet ook ons natuurlike self wees. Én opreg geinteresseerd en aandag gee aan die persoon. Net 1-2 woorde op ‘n slag wat ons terugreflekteer na die persoon. Elke dag raak die opdrag ‘n bietjie ingewikkelder vir vyf dae. Wraggies interessant, hoor!
Nou ja, waar ek op die plaas sit, voer ek nie eintlik gesprekke nie. Dan onthou ek: Blogs!
So, dames, as ek dalk vreemde antwoorde gegee het die laaste paar dae op julle blogs of kommentare, onthou, ek het my ‘backtracking’ geoefen. Jammer as ek julle misbruik het, maar waar anders moes ek dit doen? Gelukkig kon ek dag 2 reageer op RSG, die nuus, op liedjies.
Toortsie
Oeps. Op dag vyf is die uitdaging toe dat jy moet reageer op whattsapp, Facebook, e-posse. Ek het nog die hele tyd dáár geskuil terwyl ek dit nie in regte gesprekke gewaag het nie. Of onthou het nie!
Klink of daar hard met jou konsentrasie gewerk word.
LikeLiked by 1 person
Ja! En my kreatiwiteit! Ons is tans besig met ‘spiral up’ vrae.
Amway het my geleer: Ask yes questions.
TPM leer my: Vra vrae om by die wortel van die probleem te kom. Hoe voel jy daar waar Pietie met jou lelik was? Ons soek juis die krap in die seer.
Die onderwys het my leer vrae vra om antwoorde te kry, veral om positiwiteit te bevorder.
Nou is dit weer vrae wat in ‘n positiewe rigting gaan. Hoekom? Hoe? Vandag is dit wat? Maar dit moet sagte rande hê. Wat, dink jy,kan jy doen om jou droom te bereik? Sulke vrae. 5 van hulle.
LikeLike
Dit klink nou wraggies baie interessant. Hoe lank is die kursus? Klink baie insiggewend.
LikeLike
Scrapy, dit is geweldig interessant. Jy doen die kursus op jou eie tyd, maar jy moet dit in drie maande voltooi. Die een helfte is die wetenskaplike deel rondom die Laekoolhidraathoëvetleefstyl, diabetes en vetsugtigheid en die tweede deel is die coaching deel. Daar is ‘n hele klomp kundiges wat lesings gee. Hierdie deel oor die kommunikasie word gedoen deur Colleen-Joy Page en jy kan direk by haar kursusse in kommunikasie doen, wat dan nou nie al die Bantingdinge insluit nie. Hier is Nutrition Network se kursusse: https://courses.nutrition-network.org/courses/. Ek het nou by Colleen-Joy gaan loer. Sy bied Inner Life skills aan. Hier is haar gratis kursusse: https://www.innerlifeskills.com/resources/. Ek hou nogal van haar manier van doen.
LikeLike
Baie dankie. Ek gaan beslis loer. Moontlik is dit iets wat ek ook kan probeer. Inner life skills is baie belangrik.
LikeLiked by 1 person
Ek dink elkeen kan daarby baat.
LikeLike
Beslis. Ek is mos ook iemand wat by almal iets kan leer.
LikeLiked by 1 person
Mense met ‘n leerbare gees. 😁❤️
LikeLike
Beslis. Dis ook lekker om al die goet te weet.
LikeLiked by 1 person
Ek het gou gekyk. Sal na November verder daarop ingaan. Baie dankie vir die inligting. Ek hou van nuwe inligting en dinge.
LikeLiked by 1 person
Ek sien nogal sy doen die Enneargram ook. Ek het dit baie interessant gevind.
LikeLike
Mooi man. My program gaan weer lekker vol word tot die einde van die jaar en selfs daarna. Eks op ‘n stadium dat ek konstruktief moet besig wees anders kom blaf die ou swart hond weer hier in my agterkop.
LikeLiked by 1 person
Ja wat. Beveg daai ou swarte met alle mag. Gee die witte kos. ❤️
LikeLike
Probeer hard. Ken hom ook al. Trompie het al vir my kom verduidelik dat ek moet kophou.
LikeLiked by 1 person
Ag moeder! Hoe doen hy dit?
LikeLike
KOm staan teen my stoel en bly sy neus teen my aandruk of hy het mos die gewoonte om sulke niesgeluide te maak of hard te sluk as ek nie aandag gee of wakker(kastig) word nie
LikeLiked by 1 person
Oulik
LikeLike
Ek dink terugspieël sal eerder die woord wees vir reiterate? Maar reiterate is herhaal? Is die 2 woorde dieselfde??
LikeLiked by 1 person
Dit kan dalk wees. Jy herhaal ‘n woord, maar som nie op nie. Vertel meer van reiterate? Ek ken nie die woord nie.
LikeLike
Snaaks, ek het nog nooit gedink wat die Afrikaanse woord vir “backtracking” kan wees nie 🤔.
En jou opmerking oor wanneer ons die persoon se presiese woorde in ons vraag gebruik … og, ek het dit baie in my laaste werk gedoen en spesifiek om plofbare situasies te ontlont en raai, dit het nogal gewerk 😉.
Sterkte met die kursus – klink vir my jy gaan ons nog baie waarhede leer (soos bv. om mooi te luister wanneer iemand anders praat)!
LikeLiked by 1 person
Jong, ek antwoord mos vreeslik vinnig, dan het ek al lankal vergeet van terugspieël. 🙈
Kursus is geweldig interessant. Of ek julle sal kan leer, betwyfel ek. 😝
LikeLiked by 1 person
Nooit te oud om te leer nie Toortsie, nooit te oud nie 😁.
LikeLiked by 1 person
Ek wonder of ek nie beter gaan vaar met leer om driewiel te ry nie. 😂
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike
Reflekteer. Refleksie. Dit is die wiird wat gebruik word. Jy reflekteer die persoon se gevoelens en uitlatings deur sy eie woorde te herhaal sodat hy daarna kan luister en besluit of dit reg is soos hy dit bedoel het. Dan gaan jy verder en wend dit aan deur struktuur te gee “maw jy voel….. of deur positiewe vrae net daardie woorde te stel.
LikeLiked by 1 person
En toe raak my reaksie weg. Ja, refleksie. Interessant – ons is geleer om te vra: verstaan ek reg? Hoor ek reg? Die vrou sê dit moenie nou meer so aanmekaar gebra word nie. Net een of twee woorde word gereflekteer sodat die ander persoon hoor dat hy gehoor het, maar daar moet meer vloei in die gesprek wees. Jy mag so een keer in die hele gesorek dit vra of opsom.
LikeLike
Regso. In die oy dae het ons sommer gesê jy het die persoon gerogers Rogers was die selkundige wat refleksie as kommunikasiemiddel uitgevind het
LikeLiked by 1 person
Okay 😁
LikeLike
Dalk in sielkundesessie is dit ‘n ander storie 😁
LikeLike