
Kyk, ek is nou só reg vir die Argus soos kan kom! Ek kan nou al mooi reguit ry. Gisteraand wou fietsie weer steeks begin en sommer links neuk, maar ek het mooi onthou wat manlief gesê het: ‘Draai die wiel!’ en raai, toe het hy sy nukke net daar gelos en ek kon die reguit stuk straat agter ons huis ry – op en af en op en af en …
Die grootste uitdaging was die spoedhobbels wat my behoorlik geskud het as ek hulle nie reg vang nie, maar verder ry ek al amper soos ‘n wintie! Sit glad al ratte oor en begin ontspan op my fietsie. En begin selfs al rondkyk. Man! Ek moes hom jare gelede al gekoop het. Bulte is maar net ‘n probleem. Ek dink nie hierdie cruiser-fiets is gemaak vir té steil oppe en awwe nie. So ek is tans redelik beperk tot die stukkie straat …
Maar die Argus roep! Iemand stel voor dat ek die mandjie vol Toortsieboeke laai en dit daar verkoop. Wat ‘n oulike plan! Of bossies blomme. Of wat van ‘n opkikkertjie of twee?
Sjoe! Laat ek loop oefen!
Toortsie
Sjoe, hy’t selfs ratte? Nee, dan’s jou fiets mos nie sommer van hier rond nie! Gaan jy hom ‘n naam gee Toortsie?
LikeLiked by 1 person
Ja! ‘n Volle DRIE ratte! Ek hou daarvan om my goed name te gee, maar hy is my Ferrari, en ek noem hom Fietsie. 😁 en as ek praat van Fietsie dan kry ek so ‘n lekker glimlag op my gesig.
LikeLiked by 1 person
Dis nigal ‘n Duitse fiets. Regtig stewig. 😁
LikeLiked by 1 person
En as hy Duits is, dan moet hy mos ‘n Ferrari wees! Geniet jou Fietsie Toortsie en ry daai strate plat!
LikeLiked by 1 person
Dankie! Gelukkig verstaan hy Afrikaans. Maar ek wonder nou – Is Ferrari Duits?
LikeLiked by 1 person
Nee Ferrari is Italiaans. Dan moet hy ‘n Merc wees! 😝
LikeLiked by 1 person
Jy’s reg! Ek’t gedink aan Schumacher wat Duits is en vir Ferrari Formule Een gery het … toe “confuse” ek die twee bietjie met mekaar 🤭.
LikeLiked by 1 person
Europa is Europa. 😁
LikeLiked by 1 person
Beslis Mercedes. 😁
LikeLiked by 1 person
Ja, jou eie rooi Mercedes!!
LikeLiked by 1 person
Jaaaa!
LikeLiked by 1 person
Lekker oefen Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Dankie!
LikeLike
I love your sense of humour – it brightens my day!
LikeLiked by 1 person
Thank you!
LikeLike
Ek wonder- gaan jy met hom troue toe in Italië? Of gaan jy vir ons n ferrari prakseer?
LikeLiked by 1 person
Ek het gedink dat ons nou maar Amsterdam toe ook moet gaan, net om te kan fietsry.
LikeLike
Lag ek nou lekker vir jou. Een van die dae kan jy saam met my bergfiets ry, dalkies doen ek dit net weer …
LikeLiked by 1 person
Jong, ek dink jy is in ‘n ander liga as ek! 😁
LikeLiked by 1 person
Ek bedoel, jy is in ‘n veel beter liga as ek. Ek is agterlangs by die driewiele. 🙂
LikeLike
Jy lyk so mooi op Fietsie Toorts, ek dink jy gaan die koppe laat draai by die Argus
LikeLiked by 1 person
Ja en dan maak hulle ongelukke.
LikeLike
Dis mos nou nie jou skuld nie
LikeLike
Ai tog! Ek het die manier om skuld op my skouers te laai wat nie myne is nie.
LikeLiked by 1 person
Geniet Fietsie, Toortsie. Sakke vol plesier jou toegewens.
Ek het al lankal lus om vir my juis so ‘n driewiel aan te skaf.
LikeLike
Liewe Marietjie, dis die lekkerste ding denkbaar. Ek was nooit regtig vaardig en gemaklik op ‘n tweewielfiets nie. Nou ja, vandag het ek die plaaspaaie aangedurf en moes begin leer om effense op- en afdraende te hanteer. Soms is die pad erg grof en dit in ‘n draai waar ek moet opgaan, dan têre dit maar. Vandag google ek toe sommer die verskil tussen ‘n tweewiel en ‘n driewiel. Ek is nie een oomblik spyt dat ek eerder drie wiele gekies het nie. Ek begin al klaar onstpan op my fiets. Ek ry rustig sodat die honde kan saamdraf. Ek wil nie ‘n marathon wen nie, ek wil dit sommer net geniet terwyl ek ‘n bietjie uitkom en tog ook oefening kry. Ek kan dit beslis aanbeveel. My fiets is ‘n Schwinn, ‘n Duitse fiets en is regtig stewig. Ek moes dit al jare gelede, toe ek ook die gejeuk vir ‘n driewiel gehad het, aangeskaf het. Nou is die idee mos om sommer saam met die kleinkinders te ry. Tot hulle vir ouma wegry.
LikeLike