En toe was daar Marilyn

Ek bewonder enige persoon wat ‘n kortverhaal kan skryf. Wat nog nie te sê ‘n hele storieboek nie! Maar ‘n reeks! Hoe beskryf ‘n mens daardie bewondering vir die persoon wat dit regkry om vier boeke in ‘n ry te skryf en die leser se belangstelling te behou tot by die laaste woord? Channette Paul, ek bewonder jou! Hartlik geluk! Dit is natuurlik nie die eerste reeks wat ek van haar lees nie, elkeen was uitstekend.

Die eerste boek in hierdie reeks was Lira. Ag, ek het die storie van die Vywervroue geniet. Elke woord. Hulle kreatiwiteit. Lira wat uit niks uit iets kan skep. Haar vriendinne: Mirre, Corali en Marilyn. Mirre wat moet wegkruip vir haar emosioneel siek man. Corali, die kunstige bont ene.

En dan Marilyn. Marilyn. Anders as die ander. Amper hardgebak? Kom nie met haar kleindogter reg nie, maar wel, so verward die kleindogter in daardie tyd was sou ek dalk ook nie met haar reggekom het nie. Die Marilyn wat jy in die vorige drie boeke ontmoet, is een met losse sedes. Een wat haar eie ding doen. Maar een met ‘n hart van goud. Die een wat nie sal skroom om die ander Vywervroue te help nie.

En dan val die kollig op Marilyn in die laaste boek. Wat ‘n verhaal! En jy besef net weer eens dat elke persoon ‘n storie het en voor jy nie sy storie gehoor het nie, jy nie ‘n opinie kan gee nie. Want Marilyn het haar lewe geleef as gevolg van ander mense se misstappe wat haar lewe op ‘n spoor gegooi het wat sy nie self kon kies nie. En op haar manier het sy die beste daarvan gemaak. Het sy oorleef. Het sy die keuses gemaak wat op daardie stadium vir haar die beste gelyk het.

Sjoe! dit is ‘n wonderlike boek. As ek na die hele reeks kyk, het ek gevoel dat Mirre ietwat ‘n herhaling was van die storie wat ons reeds in Lira gelees het. Tog moet jy dit ook lees omdat daar soveel meer is. En dan Corali. Ek was mal oor Corali die mens, maar ook Corali die boek. Marilyn is regtig die toppunt en ‘n wonderlike manier om die hele reeks af te sluit. Gaan kry asseblief al vier die boeke, dit is beslis die moeite werd.

Dankie, Chanette, dankie! Mag daar nog baie wonderlike boeke uit jou pen kom.

Toortsie

11 thoughts on “En toe was daar Marilyn

    1. Ek wonder of Chanette nog haar blog het? Ek het so lanklaas iets van haar gesien. Ek wonder of sy dit nog op datum hou van al haar nuwe boeke. Dalk kan ek aanbied om haar te help? Kosteloos. Sommer vir die liefde van die saak. Wat dink jy?

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s