Toe sit ek die pot mis

Jammer, maar eet is ‘n redelike prioriteit in my lewe. Of nie eet nie. Jajaa, ek dink nie meer heeldag aan kos nie. Om die waarheid te sê kom ek nou al heeltemal goed reg met die Banting saam met die Intermittent Fasting. My maag sal my so een keer in die loop van die oggend en een keer in die middag herinner aan kos, maar dan verstaan hy as ek nee sê.

Net gister wat ek toe skeeftrap toe ek moeg by die huis aankom en van die heerlike nuwe maalvleisgereg eet. En nog eet. En dit was nog nie aandetetyd nie.

Om die waarheid te sê was ons gisteraand genooi vir ete. Lieflike braaivleis. En die gasvrou het moeite gedoen met heerlike slaai en fyn blomkoolballetjies met gesmelte kaas oor.

Ek vertel haar dat ek tans die skroewe ‘n bietjie stywer draai, net 2 keer per dag eet en vrugte totaal uitsny. ‘Ag nee’, sê sy. ‘Ek wou dan ‘n bessiesmoothie maak vir jou vir nagereg.’ Ek verseker haar dit sal reg wees.

Maar nadat ek my knippeldik geëet het aan koningskos vra sy wie wil wortelkoek eet en wie wil smoothie hê en ek val net daar van die bus af, trap in die slaggat en sit die pot heeltemal mis.

Ja, ek eet toe sowaar wortelkoek. Soetttttt. En dít nadat ek baie lank laas suiker ingeneem het. Wel mos droëvrugte tydens ons vakansie ‘n maand gelede, maar sedertdien niks.

Mens moet hou by wat jy weet is reg. Dis al wat ek hieroor te sê het. En dit was my eie, dom besluit. Wanneer leer ek dan? Ek het dan al gedink my bantingkop is al deeglik vasgeskroewe? Regtig? Ná 7 jaar?

Toortsie

20 thoughts on “Toe sit ek die pot mis

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s