As jy moeg by die huis aankom en die pakkie salami wat jy gedink het jy ingepak het en waarop jy eintlik gereken het vir ‘n ekstra vullertjie middagete in die yskas ontdek en jou middagete gedeel het met iemand, maar eintlik heeltemal genoeg gehad het en eintlik doen jy intermittent fasting en dan sien jy in die yskas die lieflike romerige nuwe maalvleisgereg wat Toortsie Maandag gemaak het met die doel om vandag te eet … waai … baie … goeie … bedoelings … by die deur uit en dan is daar geen keer nie. Net mooi niks keer nie. Gelukkig is dit suiwer Banting kos en bevat dit nie koolhidrate nie. Anders was daar groot moeilikheid. Ek sê jou: Groot. Want sien, die vorige nag het Marilyn van Chanette Paul te hard geroep en as ‘n mens nie genoeg geslaap het nie is die weerstand nog minder. Dan kry jy dalk die salami geïgnoreer, maar die ryk en romerige maalvleisgereg wat jy nog nooit voorheen geproe het nie? Eina!

Ek verstaan van Marilyn en eet.😉
LikeLiked by 1 person
Jaaaa. Regtig.
LikeLike
Ek het nou loop verbode wortelkoek ook eet en het nou hoofpyn. Ai tog.
LikeLike
Daardie versoeking is groot. Daardie hoofpyn vertel mooi wat jou liggaam van jou dink. Dis wonderlik om te weet dat jou liggaam presies vir jou kan aandui maar dat jou verstand dit net ignoreer.
LikeLiked by 1 person
So vies vir myself!
LikeLike
Ek het nou vanoggend besluit om sterk te staan teen die soetigheid lus. Sal sien hoe lank dit hou.
LikeLiked by 1 person
Die ergte is dat ek eintlik heeltemal daarsonder sou kon klaarkom.
LikeLike
Dis presies so. Ek het gesien/gevoel dat dit ook die moeite werd is om dit nie te gebruik nie.
LikeLiked by 1 person
Baie sterkte. Suiker is wel ‘n erkende ‘drug’ en dwelmmiddels het hul manier om jou brein te kaap. Sterk staan. ‘n Mens kán hom wen.
LikeLike
Ek het hom al behoorlik ore aangesit maar die alleen hier sit in my opsluiting het gemaak dat ek telkens aanlyn genoeg soetigheid bestel het om twee weke te hou. Nou ja, die versoeking was daar so what. Nou ek terugdink was ek darem regtig nie suinig met die soetigheid nie.
LikeLiked by 1 person
😁❤️
LikeLike
Sout help baie. Sommer ‘n titseltjie op jou tong. Drink water daarná.
En natuurlik kaas
LikeLike
Goed, sout is nie goed vir hoë bloeddruk nie. Die kaas sal moet doen dan want dit het ook maar sout in.
LikeLiked by 1 person
Die keuse sal nie moeilik wees as die salami en romerige maalvleisgereg langs mekaar in die yskas staan nie … en as dit boonop Banting is, dan’s dit mos die spreekwoordelike kersie op die koek!
LikeLiked by 1 person
Jajaaaa! 😁
LikeLiked by 1 person
Klink soooo bekend! 😀💖
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike