Wat maak jy met jou hande?

‘n Groot deel van enige verslawing, is die gewoontes wat daarmee saamkom. En om daardie verslawing af te leer, behels nie net die ontslae raak van die chemiese afhanklikheid daarvan nie, maar amper ‘n hele nuwe bestaan.

Soos byvoorbeeld, as jy jou alkoholverslawing wil oorkom, beïnvloed dit, behalwe die ‘ophou drink’, ook jou tydbesteding, die vriendekring waarin jy beweeg en vele ander goed. Skielik kan jy nie meer saans sit en drink nie en moet jy nuwe maniere kry om jou konstruktief besig te hou. Jy moet dalk nuwe vriende vind, want jou belangstellings het dalk ook nou verander en jy wil mos nie weer in dieselfde slaggat trap nie.

Destyds toe my man ophou rook het, was sy groot uitdaging: Wat maak hy nou met sy hande? Die hande wat die sigaret heeltyd na sy mond gebring het?

Sonder dat ek dit eers besef het, behels eetverslawing ook die bring van kos of drinkgoed na jou gesig en is dit ‘n lekkerte wat jy moet afleer as jy jou eetverslawing wil oorwin. Ek het nooit daaraan gedink nie! In die kursus wat ek tans doen oor eetverslawing, versugtigheid en diabetes het ek hierdie oulike raad geleer om permanent ‘n nuwe leefstyl aan te leer. Doen dit stap vir stap, nie alles op een slag nie.

1) Kry ‘n doel voor oë. Hoekom wil jy jou leefstyl verander?

2) Sluit alle koolhidrate uit alles wat jy drink. Drink slegs iets wat geen koolhidrate bevat nie.

3) Sny alles uit ‘waarop’ jy kos eet – die brood, die fyn aartappels, die chips, die rys. Eet die eiers, maalvleis, kaas sonder die styselbasis.

4) Moenie goed probeer vervang nie. Moet ook nie die namaaksels na die verbode item vernoem nie. Eerder fyn blomkool as blomkoolrys.

5) Sny alle stysel uit. Vrugte ook, behalve tamaties en avokado’s. Vrugte bevat regtig baie suiker en as jy reeds ‘n suiker- of vetsugtigheidsprobleem het ..,

6) Hou op snack tussen etes. Selfs nie eers koolhidraatvrye snacks nie.

7) Probeer slegs een of twee keer per dag eet. Eet wanneer jy honger is.

8) Vir die gewoonte, die hande … drink elke twintig minute een sluk koffie of tee. Water natuurlik ook!

9) Spandeer tyd met jou God en sorteer dit uit in jou hart wat jou pla.

Toortsie

4 thoughts on “Wat maak jy met jou hande?

  1. Oee Toortsie, ware woorde hier! Ek en my man het ‘n paar jaar gelede op die “Banting wagon” geklim (dan val ons weer af, dan klim ons weer op, en so aan …). Maar ek stem heeltemal met jou saam oor ons hande wat ons in toom moet hou – dankie vir die goeie raad! Ek sal die tee- en water-kan naby hou 😉.

    Liked by 1 person

  2. My dogter se skoonpa is n alkoholis. Maar hy kan die mooiste houtwerk doen met die minste gereedskap. So as daar nie hout is om iets mee te maak nie drink hy. So ja….solank die hande besig bly is hy ok….

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s