Sjoe! Ek is tans besig met die geskiedenis van die ou konings van Israel en Juda. Dit is vir my hartverskeurend wanneer ek lees hoe ‘n hele volk wat voorheen beskermd onder die wolk van die Here, so totaal uitmekaar geval het.
Die eerste keer wat ek dit in ongeveer 1995 gelees het, het ek so ‘n vreemde bekommernis oor ons eie land gekry. Dat ons aan die verval is. Daarná het ek gedink: Ek oorreageer seker maar. Ek wou amper nie waag om die gewaarwording te noem nie. Want, sou ek dit noem, sou ek my bekommernis uitspreek, sou ek hoor dat die jongmense sulke wonderlike kinders van die Here is. Wat waar is. Want net soveel die verval meer raak, net soveel is daar ook kinders van die Here wat meer en meer opstaan vir hulle geloof. (As jy nie wil staan vir jou geloof nie, waarvoor wil jy dan staan?) Tog, elke keer wat ek weer by daardie gedeelte kom, ongeveer elke drie jaar, want dit is hoe lank dit vir my vat om deur die hele Bybel te lees, kom sit dieselfde bekommernis weer in my hart, ook elke keer ‘n bietjie erger.
Israel. ‘n Land wat op ‘n uiters wonderbaarlike manier verlos word uit Egipte. Wat vir veertig jaar onder die wolk van God se beskerming leef – waarvoor meer kan jy vra? So sigbaar? Wat onder God se leiding die hele land, Israel verower. Wat stuk-stuk begin verval en elke keer stuur God ‘n leier om hulle weer op die regte spoor te bring. Dan vra hulle ‘n koning van hulle eie. Eers Saul. Toe Dawid. Dawid, ook maar met sy foutjies. Salomo, ‘n bietjie meer. Eers kom daar onrus tussen Juda en die res van Israel. Die ryk skeur. En dan kom die herhalende refrein … elke koning het die verkeerde dinge gedoen van sy voorganger, net ‘n bietjie erger. Hulle dink niks daarvan om oorlog te maak tussen mekaar nie – nie net stry nie – nee, oorlog. Hulle wis families uit. Wis mense uit. En dan kom Agab wat nie net Jerobeam se sondes (die ergste tot dusver) herhaal nie, nee nóg erger en trou met Isebel en begin Baäls aanbid. En die profete se lewens raak bedreigd …
En dan raak ek erg benoud …
Genadiglik is daar altyd die goue draadjie van mense wat God uit hulle hart aanroep en dien.
Suid-Afrika! Keer terug na God asseblief!
Toortsie
Dit is scary neh?
LikeLike
Dit is! Ons meet ons aan ons ouers od aan iemand anders. Net ‘n bietjie erger of darem nog nie só erg nie.
LikeLiked by 1 person
Amen.
LikeLiked by 1 person
Telkens dieselfde oor en oor. Daar kan net nie geleer word uit die vorige gebeurtenisse nie.
LikeLiked by 1 person
So hartseer. Mens dink altyd iets sal nie vir jou oorkom nie. Net vir ander mense.
LikeLiked by 1 person
Sjoe … ja, ek beaam jou uitroep … Suid-Afrika keer terug na God asseblief!
LikeLiked by 1 person
Amen
LikeLiked by 1 person