Daardie dag in 0032 toe Marie vir Jesus ontmoet het, sal sy in haar hele lewe nooit vergeet nie. Nooit nie. Want haar hele lewe het verander. Niks was ooit weer dieselfde nie. Sy oë was sag en liefdevol en hy het sowaar alles van haar geweet – ook dat sy nie tans getroud is nie. Dat sy al vyf mans gehad het en dat die een by wie sy nou bly, nie wettig haar man is nie. En hy het haar nie veroordeel daaroor nie! En toe bied Hy vir haar lewende water aan! Maar die wonderlikste van alles is, dat toe sy besef wie Hy is en sy dit vir die dorpsmense gaan vertel het, hulle haar geglo het! En húlle het óók tot geloof gekom in Hom! Skielik het sy iewers behoort. Waarvoor meer kon sy vra?
Sedertdien wil sy net vir Hom lof bring. En haar liefde bewys. Selfs al is Hy nie by haar nie, is daar soveel dinge wat haar aan Hom herinner. Soos die son. Nee, sy aanbid nie die son soos soveel ander nie. Sy aanbid die lewende God wat nog baie groter en sterker en mooier en beter is as die son. En sy het sewe hartjies in haar bak, want sewe is die volmaakte getal wat sê dat God se liefde volmaak is. En die vyf skapies herhinner haar telkens van God se genade wat Hy ook aan haar bewys het.

This is beautiful – you have depicted this aspect of the story so well. As for the sheep: I think they are fantastic.
LikeLiked by 1 person
Thank you so much.
LikeLike
Pragtig die vertelling en die borduursel. Kleurvolle skape is soos mense elk met sy/ haar eie kleur en voorkeure.
LikeLiked by 2 people
Dankie
LikeLiked by 1 person
Ek het nounet ‘n engelse storie vir ‘n NZ skryfkompetisie ingestuur. Bly dis gedoen. Sal laat weet of ek die kortlys gehaal het(26 Oktober)
LikeLiked by 2 people
O ek hou duimvas! 😁 👏🏻👏🏻👏🏻
LikeLike
Baie dankie. Dit was heel interessant dat daar skielik nog ‘n uitdaging gekom het en dit hier in NZ. Dis spesifiek vir beginners. Jy mag nie meers as 4 stukke geplaas het in jy skryftyd. Dis nou op jou blog ook. Daar mag jy nie meer as ‘n duisend volgers hê nie.
LikeLiked by 1 person
Weet jy van die Woordfeeskortverhaalkompetisie? Dit sluit 30 September.
LikeLike
Nee, ek weet nie. Sal bietjie gaan kyk maar ek sal moet wikkel as ek iets wil doen. Ek vat mos lank om te skryf.
LikeLiked by 1 person
Ek vat ook maande aan een kortverhaal. Dink nie ek salbetyds wees nie.
LikeLike
Het gaan loer en dis 1500 woorde minimum dis heeltemaal te veel om vinnig te skryf. Ek het ingeskryf vir hul nuusbrief so volgende jaar sal ek dalk kan probeer.
LikeLiked by 1 person
Ja ek kan ook nie soveel so vinnig skryf nie. Ek is nog heeltemal te groen daarvoor en vir ‘n kompetisie moet so ‘n ding by my vir lank lê en ryp raak voor ek iets daarmee kan doen.
LikeLike
Nou praat jy. Die stuk wat ek geskryf het het ook lank in ‘n lêer gelê voordat ek hom nou afgestof het en ingekleur het met allerhande nuwe dinge wat ek ontdek het by ander skrywers.
LikeLiked by 1 person
Wikkel 🙂
LikeLiked by 1 person
Mooi, self gedoen die borduurwerk?
LikeLike
Baie dankie. Ja, dis volgende jaar se projek. Nog BAAIE werk. Hele lap moet gewerk word.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, maar dit is mooi.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Ek geniet myself gate-uit.
LikeLiked by 1 person
Hierdie verhaal maak my hart elke keer week, Toortsie. Jou borduurwerk is pragtig.
LikeLiked by 1 person
Dankie ❤️
LikeLike
Maar dis mos jou “swartwerk” borduurlap. Vrolik, optimisties en KLEURVOL🥳🤩💃
LikeLiked by 1 person
Jajaaa
LikeLike
Kan ek dit kry as jy klaar is daarmee?
LikeLiked by 1 person
Jy reken? 😳🙈😝
LikeLike
Dankie vir die kompliment
LikeLike
Neef sê ook jy is regtig talentvol
LikeLiked by 1 person
Aaaag dankie! ❤️ hy het self ‘n klomp verskuilde talente! Hy het destyds self die pakhuis ontwerp. En jy is ook talentvol.
LikeLike
Jy bring die borduurwerk en die verhaal tot so ‘n pragtige eenheid. Met so ‘n mooi verhaal is dit seker ekstra lekker om die prent te borduur?
LikeLiked by 1 person
Ja ek geniet dit baie. 😁
LikeLike