Die skaal

Ek hét al oor my verhouding met die skaal geskryf. En dat die gewigsverliesorganisasies omtrent almal sê dat jy jou nie elke dag moet weeg nie. Ek verstaan dit, want dit kan ‘n mens ontmoedig omdat soveel dinge ‘n invloed op jou gewig van die dag het. Dalk het jy water teruggehou. Dalk het jy lanklaas ‘n opelyf gehad. Of jy word so moedeloos as die skaal nie wys wat jy gedink het hy moet nie dat jy sommer begin eet.

Ek weeg my soggens en saans. Maar as ek met vakansie is en ver van die skaal af is, mis ek hom glad nie. Ek gaan nou nie by elke apteek 50 sent ingooi net om my te weeg of by ander mense se huise gou hulle skaal gebruik nie. Maar my eie skaal … Ek hou daarvan om te weet waar ek staan. Om te sien of die ekstra moeite wat ek die laaste tyd insit, vrugte afwerp. Ek hou nie daarvan om te sien as hy stadig, maar seker klim nie.

Sedert ek in Julie 2014 met die Bantingleefstyl begin het toe ek amptelik vetsugtig (obese) was, was die skaal my goeie maatjie. Ek het mooi gewig verloor. Maar dit was nie ‘n afkurwe alleen nie, hy het altyd gefluktueer, so met drie kilogram wat dit ge-op en ge-af het. Daar was ‘n punt waar hy altyd gestabiliseer het. Soms was ek tot vier kilogram onder daardie punt, maar dit het altyd weer gestabiliseer by dieselfde punt.

Die laaste twee jaar en ‘n half jaar het my gewig egter ongemerk, onder my neus, geklim tot vyf kilogram bokant bokant daardie punt. My klere het nie meer so lekker gesit nie. Ek het nie meer so lekker gevoel nie. Dit was as gevolg van ‘n paar faktore wat saamgewerk het. Hormone, stres, en ongemerk het ek al hoe meer van die lekker vrugte en patats wat my man vir my aangebring het uit sy tuin, geëet. Ek het ook baie meer joghurt geëet. Ja, ongegeurde dubbelroomjoghurt ís toelaatbaar, maar dit bevat wel heelwat koolhidrate. Ek het ook al hoe meer tussenin geëet, bantingkos, maar steeds. Meer kere gekroek.

Nou het ek geleer: Ek sny tans die oranjelys amper heeltemal uit. Eet slegs middag- en aandetes. Probeer om drie ure voor slaaptyd klaar geëet te wees, moet nog ‘n bietjie daaraan werk. Snack nie deur die dag nie.

Vandag was ek amper by die stabiliseringspunt van vroeër!

Toortsie

10 thoughts on “Die skaal

  1. Ek sal liewer nie hier sê hoe ver ek van my stabiliserings punt af is nie, vermy my skaal heeltemal asook my spieël. Al my klere het egter gekrimp en ek lyk soos ń opgestopte wors in meeste. Helaas lente is hier, jy spoor my azn om skouer aan die wiel te sit.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s