Ons is opgeroep

Opgeroep? Of vrywillige aanmelding? Ek sal nog besluit, maar daar is nie nou tyd daarvoor nie. Ons kan later besluit oor die regte terme. Nou moet ons net so gou as moontlik in Mosambiek kom!

Want van ons Goue Vroue is daar. Op ‘n eiland sonder krag of water. Alleen in ‘n lodge. Vier van ons is vandag reeds op pad soontoe. Ons ander voel … uhm … hoe sal ‘n mens dit noem? Of eerder, bekommerd. Ja! Ons is bekommerd. Sê nou hulle kom nie reg nie? Sê nou hulle water raak op en hulle weet nie waar om te soek vir water nie? Of die emmer waarmee hulle die water uit die put moet skep is te swaar en hulle het ons nodig om te help dra? Og hulle raak honger? Sou hulle genoeg rooiwyn ingepak het? Het hulle malariapille ingepak? Sê nou hulle raak bang? Of sit vas alleen in die sand? Of kry ‘n pap wiel? Of hulle verdwaal? Nee! Hulle het ons nodig!

So, in ons drome is al die ander elf van ons opgeroep met onmiddellike bevel. Ons Kapenaars vlieg tot in Johannesburg waar ons ons pôr baai pôrs gaan kry sodat ons môre-oggend as die son sy ogies uitsteek, in die pad kan val. Hoe dan anders? Ons kan hulle mos nooit alleen laat gaan nie?!

Toortsie

8 thoughts on “Ons is opgeroep

  1. Wat!!! Julle is oppad??? Ons kry dadelik die vuur reg, bring net nog vleis saam, Toortsie. Die generator werk weer, so ons het saans krag, en die waterpomp hou die tenk vol. Vanaand gaan ons selfs warmwater hê want daar word vuur gemaak in die donkie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Tannie Frannie Kanselleer antwoord