Gyselaarsdrama – Ruimtestorie

Die Goue Vroue gaan die Ruimte ontgin! Maar nie net die Goue Vroue nie, enige een wat graag deel wil wees van hierdie ervaring, mag saamskryf! Laat weet net vir een van ons en ons sal jou graag verwelkom. Nuwe mense bring altyd nuwe idees, nuwe entoesiasme, nuwe gees. Ons skryf in geen spesifieke volgorde nie, maar soos wat elkeen van ons aandui dat sy graag volgende wil skryf. Vier dae word toegelaat voor ‘n volgende persoon haar storie plaas sodat almal genoeg tyd het om dit te kan lees. Dit sal goed wees as ons stories by mekaar kan aansluit. Komaan dames, kom ons kyk wat die ruimte ons bied. The sky is NOT the limit! Veral nie vir die Goue Vroue nie!Volg die storie deur op HIERDIE SKAKEL te kliek.

Die Goue Vroue in hulle ruimteskip fokus almal op die spikkeltjie in die ruimte waar Una, Toortsie en WoordNoot in ‘n ligkoepel gevange gehou word toe die radarskerm skielik afskakel en hulle beangs nie weet hoe verder nie. Hoe gaan hulle die drie verlore Goue Vroue opspoor? ‘Soek met die hart’, het Aalsie gesê. Dit het ‘n rukkie gewerk, maar hoe nou gemaak? Hoe kon die radar verdwyn net mooi toe hulle amper die plek gevind het.

“Kyk daar” (Appeltjie) “Daar blink iets.”

“Ja, wraggies. Dit lyk soos nog ‘n ruimteskip en kyk die verblindende lig wat uit hom straal. Dit lyk net soos die ruimteskip wat die ander drie ontvoer het!” (Seegogga)

“O, ek sien dit ook nou. Die hele opset lyk baie onvriendelik. Eintlik vyandig.” (Sonell)

Biep, biep, biep … biep, biep, biep … klink dit skielik by die beheerpaneel. Almal kyk verskrik daarnatoe. Al die liggies flikker deurmekaar. Wat gaan aan?

“Orion aan Goue Vroue, hoor julle my?”

Christa staan nader om te kommunikeer. Wie is Orion? Is dit die ander ruimteskip? En hoe weet hulle ons is die Goue Vroue? Wie is hulle? Wat beteken die verblindende lig?

“Orion, ons hoor jou.” (Christa)

Goue Vroue, ons hou drie van julle dames gevange op die planeet, Xenia. Hulle is ons gyselaars. Ons sal hulle eers loslaat as julle aan ons versoek voldoen.”

Verward kyk die Goue Vroue na mekaar. Versoek?

“Wat is die versoek?” (San)

“Het julle ‘n Goue Vrou met die naam, Frannie, aan boord? As julle haar oorhandig aan ons, sal ons die ander drie dames loslaat.”

“Nee! Dit kan ons nie doen nie! Ons kan nie een van ons dames agterlaat of oorhandig nie. Dit is nie hoe die Goue Vroue werk nie.” (Seegogga)

“Beslis nie! Ons glo aan een vir almal en almal vir een.” (Aalsie)

“Wel, dan kan julle vergeet om hierdie drie dames terug te ontvang. Dan sal ons hulle maar moet doodmaak.”

“Nee! Hoekom wil jy dan juis vir Frannie hê? Hoe weet jy hier is ‘n Frannie by ons?” (VirgoC)

“Want ons weet wat ons weet. Ons weet dat julle die Goue Vroue is, almal weet dit en ons weet dat julle nie een sou agterlaat nie, daarom weet ons dat Frannie by julle is. Ons bevelvoerder het spesifiek vir Frannie gevra, want hy sê dat hulle twee, hy en Frannie, onafgehandelde sake het.”

“Wie is julle bevelvoerder? En watter onafgehandelde sake kan daar wees?” (O**)

“Wag julle, hier is ‘n boodskap van Una af. Lyk my sy het die telepatieknoppies gedruk gekry. Dit is baie dof, maar sy probeer iets sê. Iets van silwer. Wat bedoel sy met silwer? Dis al wat sy oor en oor sê.” (Positief)

“WoordNoot kom nou ook deur. Sy probeer iets sê van ‘n motorfiets. Van Amerika. Wat bedoel hulle?” (Trommeltjie)

“Kan dit iets met Silver te doen hê? My geliefde Silwer?” (Frannie)

“So ja, nou het julle agtergekom waaroor hierdie gyselaarskap gaan. Oorhandig Frannie aan ons. Ons bevelvoerder, Silver, voel dat Frannie moet boet vir dit wat in Amerika gebeur het.”

“O nee! Daar moet ‘n ander plan wees! Ons kan nie vir Frannie laat gaan nie. Goue Vroue, ons het nou dringend goeie insig nodig.” (Ekmyselff)

“Asb! Dink aan iets! Dink aan iets! Dringend! Hulle gaan ons doodmaak! Die aliëns raak al hoe dreigender! Helllllppppp!!!!” (Toortsie)

Frannie! Wat dink jy? Jy ken mos vir Silver, ek is seker dat jy iets sal kan uitwerk?

Toortsie

44 thoughts on “Gyselaarsdrama – Ruimtestorie

  1. Nou wonder ek, hoe het Silver in beheer van ń klomp aliens geraak? Is hy nie dalk nou self ń alien nie? Frannie ek sal versigtig wees as ek jy is, net nou verander hy jou ook in ń alien. Jy het die drama nou ń kinkel gegee Toortsie.

    Liked by 2 people

  2. Chemistry Frannie!!! Daai man het nou n obsessie met jou..dit skemer nou al ‘n tydjie deur. Maar ons sal jou nie laat gaan nie. Maar jy is mos diplomaties. EK weet jy sal iets regkry!

    Liked by 2 people

  3. Whohoooooooo, Silver, smaak my nou het ons ‘kans. Frannie, trek daai pakkie mooi reg, sit aan die lipstick, skud die “girls” reg want as hy met jou wil praat ( jy gaan gn nêrens nie, hy kan vir jou op die screen sien), dan moet ons hom laat besef wat hy mis. Julle ander 3, skud daai heupe en smile, ons is oppad🚀🧑‍🚀

    Liked by 2 people

    1. Ja, maar daardie 3 se ruggies is al seer van al die geheupswaaiery… Was ons tog maar nou nog op terra firma sou ek dalk op Silver se genade kon staatmaak (niemand wat die tango so goed dans, kan mos inherent boos wees nie? Ek dink hy’s net boos soos in kwaad). Maar nou, hier in hierdie vreemde en eienaardige omgewing – wie weet wat sou alles kon skeefloop?

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s