Pointless Overthinking skryf oor somer se laaste hoera, maar ons hier aan die heel suide van Afrika, vir nou lente. Dus kan ek net skryf oor Winter se laaste hoera.
Winter is beslis nog nie verby hier by ons nie en dit kan ook nog ‘n hele rukkie duur. Tog wys die wêreld vir ons dis kente met pragtige veldblomme wat oral kop uitsteek. Net verlede week het die Kaap goed koue gekry met sneeu wat sommer ekstra dik en laag op ons Kaapse berge gelê het. Sneeu is natuurlik iets waaroor ons baie bly is, want dis mooi, maar dit voorsien water vir die droë somermaande.
Dierdie winter het geweldig vinnig verby gegaan en dit voel vir my of ek nog nie al my wintersklere gedra het nie. Miskien omdat daar soveel dinge gebeur het, soos my ma se siekte en dood wat ‘n paar weke baie verkort het.
Ons het vanjaar ‘n fantastiese winter gehad. Dit het gereëld gereën en die boere se graan is pragtig. Ek wens vir hulle ‘n fantastiese oes toe en ek bid regtig dat dit end-uit sal goed gaan en hulle die geleentheid gegun sal word om die oes sonder te veel probleme in te samel.
Ek plaas graag ‘n paar foto’s wat ek Sondag van my stoep af geneem het. Dis nie aldag wat ek sneeu op elke liewe berg van my huis af kan sien nie! Dis bitter ver, maar wonderlik.



Groete, Toortsie
Dis pragtig so van jou huis af. So kan mens mos elke dag met nuwe krag begin. Dankie vir die mooi fotos.
LikeLiked by 1 person
Dit is regtig mooi van my huis af en die prentjie verander daagliks. 🙂 Dis ‘n geskenk van Bo.
LikeLiked by 1 person
Beslis n geskenk van Bo. Ek tel ook elke dag my seëninge om sulke pragtige dinge hier te sien. Ook elke dag iets anders.
LikeLiked by 1 person
Pragtige uitsig in die koudste winter in jare. Maar ek kla nie. Ek weet die boere soek die water en die koue En ek h d voorreg on elke aand voor n warm kaggelvuurtjie te sit
LikeLiked by 2 people
Ek hou ook van die winter
LikeLiked by 2 people
Dit is die mooiste mooi, jy is so ongelooflik blessed🌻💜
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Ek sien uit na die einde van winter want hierdie jaar bid ons almal vir goeie reën in die Oos-Kaap.
LikeLiked by 1 person
Ek bid dit ook vir julle. Mag God julle seën met goeie reëns.
LikeLiked by 1 person
Defnitief nie winter se laaste hoera nie, maar hy tree met groot flair so effe eenkant toe.
LikeLiked by 1 person
Behoorlik, né.
LikeLiked by 1 person
Vandzg sommer weer winter
LikeLiked by 1 person
Aijaija, daardie uitsig!!!
LikeLiked by 1 person
So ‘n groot geskenk.
LikeLike