Ter wille van die gewete

Ja, ek is nou ook ge’jab’. Ter wille van die gewete. Sodat almal se siele kan rus.

Nee, ek is nie teen-vaksien nie. Om die waarheid te sê voel ek dat almal wat nog nie Covid19 gehad het nie, ingeënt behoort te word.

Ek voel net die verkeerde vraag word gevra. Die vraag wat gevra word, is ‘is jy geënt?’, terwyl die vraag eintlik moet wees: ‘het jy immuniteit?’

Sien, waar hulle my klaar verloor het, is toe hulle teenstrydige boodskappe begin uitstuur het. Soos in die begin: As daar meer as 70% van die bevolking siek was, sal daar kudde-immuniteit wees. Asseblief! Natuurlik wil ek nie hê 70% van die bevolking moet die vieslike siekte kry nie. Maar as jy reeds die siekte gehad het, herken jou liggaam dit en behoort hy hom beter daarteen te kan verweer as jy weer daarmee te doen sou kry, soos ek reeds twee keer ervaar het.

Toe kom die vaksien en kan hulle baie ‘ekstra’ mense ook immuniteit gee, mense wat nog nie die siekte gehad het of in aanraking was daarmee om weerstand op te bou nie. Ewe skielik tel dit net mooi NIKS as jy siek was en dus natuurlike weerstand het nie, want jy moet geënt wees, dís wat tel, dis ál wat tel. So, die eerste boodskap is saam met die wind weggewaai.

Blykbaar help slegs die ‘enting’ en nie as jy ‘normale immuniteit’ het nie dat jy nie ander aansteek nie. My mening? ALBEI help.

En as jy nie geënt is nie, sal jy binnekort nie meer mag winkel toe gaan, gaan uiteet, en en en nie … maar hoekom bekommer die ouens wat geënt is hulle dan daaroor, hulle is mos beskerm? Of hoe? Of is hulle nie? Maar hoe werk die somme dan nou?

En die nuutste: die geëntes het moet voorkeur kry in die hospitale by respirators en al die goed? Ek verstaan nie? Is die ent dan nie juis veronderstel om hulle daarteen te beskerm nie?

Maar nou ja, ek is geënt. Met die Johnson&Johnson ewe, so ek hoef gelukkig nie weer te gaan nie. (Tot ons weer moet gaan.) Ek het my sertifikaat om te wys. So be it. So almal kan nou ontspan. Ek mag nou gaan uiteet en fliek en see toe gaan en hospitaal toe en by mense gaan kuier en winkel toe gaan en en en en … en niemand hoef meer vir my te gril omdat ek ‘n gevaar vir almal om my is nie … en en en … en ek wil nou nie een woord verder hieroor hoor nie. Los my nou net uit.

Toortsie

10 thoughts on “Ter wille van die gewete

  1. Ek voel nes jy daaroor. Die enigste rede hoekom ek geënt is, is ook omdat my kinders gedurig bang was hulle steek my dalk onbewustelik aan en omdat my vriende elke dag om my ore gesanik het. Hopelik hou hulle nou op en kan ek en d kinders weer lekker kuier.En as ons dalk vlgnde jr of so kanker, hartprobleme ea kry agv die inenting, dan is dit seker nou maar so. Maar ek stem so saam: as jy dit gehad het, moet jy teenliggaampies en weerstand hê. Dis een vd redes waarom ek die beheptheid met d inenting bevraagteken. (Ek kry al jarre lank nooit die griepinenting nie, en hier is ek op 71 steeds ok.)

    Liked by 1 person

  2. Ek het die AstraZeneca gekry en my man die Pfizer. Ek is vir die inenting, maar ek is eerder vir mense om die reels te volg – hande was, spasie vir ander gee, dra ‘n masker ook, moenie in groot massas versamel nie, ens ens ens. Al daardie dinge gaan jou en die ander beskerm. Daar gaan soveel meer virusse kom in die toekoms (en daar was soveel meer in die verlede, net nie so dodelik nie) en ons moet maar net begin aanvaar dat dit gaan ons lewe vorentoe wees. Ons kan nie vir alles spring en ‘n ‘jab’ kry nie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s