
Corali is die derde boek in die Vyvervrou Trilogie wat deur Chanette Paul geskryf is. Deur die hele reeks al trek Corali my aandag. Voel dit vir my of ek na haar aard.
Ek het Corali geniet van die eerste woord af dwarsdeur tot die einde. Nee, ek dink nie ons aard na mekaar nie, maar daar is baie raakpunte. As Corali ‘n regte mens was, kon ons maats wees.
Corali bied ‘n goeie oor vir haar vriende. Sy is kreatief. Sy kan haarself goed besig hou op haar eie, maar geniet dit baie saam met haar maats. Sy is uitstekend in haar kuns, ongeag watter kunsvorm sy beoefen. Sy praat ‘n bietjie baie lelik. Sy het haar huis PERS geverf en het haar trap met die mooiste mosaïek versier. Sy het beslis baie meer gutz as ek!
Aangesien dit ‘n reeks is wat in dieselfde tyd afspeel, is daar weer eens gebeure uit boek 1 en 2 wat herhaal, maar nie té veel nie. Daar is spanning teenwoordig, maar ook nie te veel nie. Ek het haar en Thomas se stories baie geniet en dit was veral heerlik vars om vir Thomas, ‘n nuwe karakter, te ontmoet.
Ek beveel hierdie boek beslis aan. Ek kon dit net nie neersit nie.
Toortsie
Dankie, ej sal dit graag ook lees.
LikeLiked by 1 person
Ek het dit net ongelukkig as e-boek, anders kon jy myne graag leen. Nou gaan dit nie werk nie.
LikeLike
Nee ek sal dit later erens kry. Rk moet nou eers Sophy’s Choice lees vir leeskring. Ek hou van haar boeke.
LikeLiked by 1 person
Due Sophie’s Choice wat ‘n fliek ook was? Erg!
LikeLike
Ga nou eers begin lees
LikeLike
Dit was mos Meryl Streep wat Sophie gespeel het.
LikeLike
Ek het nou gesien die”The choice” nie Sophie s’n nie. Deur Edith Eger- sy was in Auschwitz
LikeLike
Ek het ook ‘n The Choice gelees, maar wonder nou of dit dieselfde boek is. Oor ‘n Christenvrou wat ‘n Jood liefgekry het.
LikeLike
Ek weet nie. Sal vertel. Nog op p1. Sy het toe ‘n sielkundige gewird, volgens voorblad
LikeLiked by 1 person
Nou vir Marilyn, né? Dit sal jy nog minder wil neersit!
LikeLiked by 2 people
Ek glo so. 😁
LikeLike
Iewers moet ek darem net ‘n nag slaap ook. 😝
LikeLiked by 1 person
Oe, jy maak my nuuskierig oor hierdie boeke van Chanette Paul … 👀👀
LikeLiked by 1 person
Mmmmm
LikeLiked by 1 person