Sjoe, was ek nou woelig in die kombuis, ek is skoon opgewonde!
Ek doen mos die Banting Coach kursus by Nutrition Network en elke keer praat hulle van vleisaftreksel (broth). Ja, ek weet, toe ek sewe jaar gelede Tim Noakes se rooi boek gelees het toe ek begin Bant het, hét hy gesé ek moet my eie vleisaftreksel maak, maar dit het net na so baie moeite gelyk. Terloops, ek dink dat ek ‘n slag deur die resepte in daardie boek ook moet blaai, want ek het mos darem ook al intussen ‘n paar ‘nuwe’ bestanddele begin gebruik.
En net soos dit moes wees, kom vleisaftreksel nou die dag op ons Goue Vroue se Whattsappgroepie ook ter sprake. Ek loop soek oom Tim se resep en ons eie gesondheidskenner, VirgoC bevestig dat dit regtig ‘n gesonde iets is om te eet. Ek onthou nog as kind het ons sulke beesvleisblokkies in kookwater gegooi en dit was heerlik. Nie die beesvleisblokkies wat ‘n mens deesdae koop nie en eintlik is dit op die rooi lys …
So maak ek toe ‘n klomp bene bymekaar, gaar bene en ek wonder by myself of die voedingswaarde nie al uitgekook het nie. Onder andere ook ‘n skaapboudbeen. Bedek dit met water, laat dit vir twaalf ure uiters stadig prut op die stoof, dit moet eintlik nie kook nie, voeg daarby ‘n ui, ‘n geelwortel en ‘n handvol vars pietersielie en laat dit prut en prut en prut en … Dan moet dit blykbaar deur ‘n sif gedruk word, maar ek dink nie ek was heeltemal suksesvol daarmee nie en gooi dit toe in klein bakkies om te vries. Al wat ek kan sê, mense, dit is heerlik! Ek drink nou elke dag so ‘n halwe koppie daarvan. Sommer vir die lekker. Dit smaak soos sop. Lekker sop. Sies tog, die hond het sy neus opgetrek vir daai bene, daar was niks meer geur in nadat sy noi daarmee klaar was nie!
My man het mos ‘n groentetuin. Vandag staan die mandjievol grenadellas en die mandjievol soetrissies vir my en kyk. Sjoe, ek kan dit maar weer eens uitdeel, maar my man doen soveel moeite daarmee. Toe probeer ek sommer grenadella-soetrissieblajang. Natuurlik met xylitol sodat ek dit kan gebruik. Wat ‘n fonds! Ek het sommer die blatjangresep in my Toortsie 3, is dit nie? gebruik. En terloops, die drukkers het laat weet die boeke is klaar! Dit word môre verpak en gekoerier … hiehaaaa! As alles goed gaan het ek hulle DV Vrydag!
En asof dit nie genoeg is nie, het ek sommer ‘n heerlike nuwe koolresep ook gemaak vir die tweede keer … so ‘n klein bietjie verander sedert die eerste een, maar dit is mos wat ek my hele lewe lank doen – verander aan reseppies.
O, die Intermittent Fasting raak al makliker, hoor! Ek probeer om nie meer ontbyt te eet nie en eers middagete vir die eerste keer te eet. En dan eet ek weer aandete. Toe ons nou ‘n bietjie rondgery het, het ek van die wa af geval, maar nou is dit al amper ‘n gewoonte. Saam met Banting werk dit wonderlik, want jy raak mos nie so gou honger nie.
Julle moet ‘n mooi dag hê.
Toortsie

O mapstieks maar dit lyk te lekker en die aftreksel klink sommer baie lekker. Ek sal my man daarvan se – hy maak die heerlikste soppe en elke keer se ek hom om die hoeveelhede van die bestanddele neer te skryf – maar te veel moeite! Ek het hom gese hy moet eendag ‘n sop-restaurant begin. Hy het net juis gister ‘n hele hoender bewerk en ek gaan hom se om volgende keer hoenderaftreksel (op die Toorts manier) te maak!
LikeLiked by 2 people
‘n Sorestaurant klink wonderlik! Nie my manier nie, hoor! Oom Tim s’n.
LikeLiked by 2 people
Lyk my Toortsie 4 is sowaar al in wording!
LikeLiked by 2 people
Natuurlik! Onthou ‘n mens is die kreatiefste net nadat jy ‘n projek voltooi het. 😀
LikeLiked by 1 person
Ek onthou hoe my ma altyd vleis aftreksel gemaak het. Dis dan later in lekker sop gebruik want ons het veral in die winter Sondae sopdag gehad. Dis lekker om te lees hier by jou omdat jy altyd so opgewonde is oor kleinste kook veranderinkie wat jy maak en doen.
LikeLiked by 2 people
Dankie Scrapy. Ek weet net nie of ek dit heeltemal reg doen nie. 😁
LikeLiked by 1 person
Jong, dit hang seker maar van jou eie gevoel ook.
LikeLiked by 1 person
Ag Toorts…jy laat dit so maklik klink..het ook begin met die intermittent maar ai, die Oom gee my gas daaoor…jou resepte klink heerlik verfrissend en interessant
LikeLiked by 2 people
Ek dink elke persoon moet so oets soos intermittent fasting op sy unieke manier doen wat by sy unieke leefstyl pas.
LikeLiked by 1 person
Ek kry dit reg…maar as ek nie drie x op n dag eet nie kry ek raas….
LikeLiked by 2 people
Ai ai
LikeLike
Is daar ‘n rede waarom die oomsil hê dat jy 3 keer moet eet?
LikeLiked by 1 person
Dis glo gesond…bygesê hy peusel heel dag
LikeLiked by 2 people
Jy skei minder insulien af as jy minder kere eet en raak nie insulienweerstandig nie. ❤️
LikeLiked by 1 person
Stem….maar ek sal hom nog side step…
LikeLiked by 1 person
Nou leer ek by jou!
LikeLiked by 2 people
❤️
LikeLike
Baie dankie vir die deel. Sou graag by jou wou leer kool gaarmaak. Ek kan dit nie regkry nie. Opgewonde dat jou boek op pad is. Onthou ek wil een hê!
LikeLiked by 2 people
Regso. Dankie. 😁 die boeke word vandag verpak sê hulle.
LikeLiked by 1 person
Ooooooo, jou gut gaan so bly wees oor daai broth. En is wonderlik vir al die joint pyne, help met immuniteit en baie goeie bron van protein…en kollageen. Kan sommer sien hoe spring jy in kombuis rond. Dit klink heerlik al die resepte🌻🌻
LikeLiked by 1 person
My gut feeling sê … 😉
LikeLike
Twaalf ure wat die pot op die gasstoof staan …
LikeLike
Njammies!!!!
LikeLiked by 1 person
Ek het vir my ‘n sonoond bestel. Ek hoop dat ek daarin kan broth maak. Die lank kook maak my gespanne. En my hond dink gladnie dat ek snaaks is nie. Dis háár bene!
LikeLike
Lolololol vir die hond. Jy moet vertel oor sonoond, wou nog altyd weet hoe dit werk.
LikeLike
Jong, ek is glad nie een vir gadgets nie. Maar ek maak graag kos wat vir ure in die oond staan en met ‘n huis wat noord vront (front? deesdae twyfel ek oor f en v) het ek net gedink dat ek dalk baie ure se elektrisiteit kan spaar met so iets. Sy hitte kan glo tot 170grade gaan, seker afhangende van die son. Ek sal moet leer om die kos vroeg in te sit en vir die son die kans gee om die werk te doen. Kyk bietjie hier: https://karooplaas.co.za/sonoonde/
LikeLike
LikeLike
Dit lyk baie cool, ek dink dit is ‘n great idee en dalk wat ons almal aan moet begin dink. Die idee dat dit werk in Skandanawiese lande het my laat besef dat ons in SA dan eintlik in ‘n droomplek bly vir die. Daai groot geel son skyn vir ons almal, verniet, elke dag. Ek kom nog by jou heerlik eet wat in daai oond gemaak is en daarna kan jy klasgee hoe sy werk🌻🌻☀️☀️
LikeLiked by 1 person
Jy is welkom om te kom en as ek sukkel met die sonoond maak ek sommer gewone kos. 😀
LikeLike
👍😄😄
LikeLike
Nou ja … dan sal ek ook maar weer ‘n slag Oom Tim se rooi boek moet gaan haal en afstof! Daardie broth klink darem nou net te lekker. En jou boek (e?) klink ook baie interessant – waar sien ek hulle?
LikeLiked by 1 person
My boeke is in min winkels te siene. Ek versprei dit meestal self. As jy wil, epos vir my by madeleburger@gmail.com waar jy woon. Dalk is daar rond iemand wat dit het dan kan ek jou sê as jy wil loer.
LikeLiked by 1 person
Ek maak onmiddellik so 👍🏻
LikeLiked by 1 person
Lekker met jou gesels.
LikeLike
Die broth het ek nog net een keer gemaak, die 12 ure se gasbrand voel vir my erg. Ek het nou ‘n sonoond bestel en hoop ek kan dit daarin maak.
LikeLiked by 1 person
Hmm, ek het gelees van jou sonoond – ken dit glad nie en sal graag wil hoor hoe dit werk vir jou!
LikeLike
Ek is steeds in afwagting vir die sonoond. Ek sal Maandag gaan uitvind of hy al opgedaag het. Met ons heerlike sonnige weer en soveel van my geregte wat in die oond gaargemaak word het ek gedink, hoekom kan dit nie sommer op my stoep in die son gaarword nie? Ek sal beslis kom beriggee hieroor. 🙂 https://sungenius.co.za
LikeLike