Middelpos

Middelpos! In die Roggeveld. Wat ‘n verrassing. Dit laat my dink aan Ouplaas waar ek vandaan kom. Daar is ‘n hotel en ‘n winkel en ek dink ‘n polisiestasie. En ‘n man wat met bokke boer en teel met boerboelhonde en ongelooflike mooi hoenders.

Pure plaas
Is hulle nie pragtig nie?
Dis behoorlike hoenders die, hoor! Skougehalte.
Massiewe kapokkies

Ek ken hoenders as hoenders en kapokkies as klein hoendertjies. Hier lyk die kapokkies soos hoenders en die hoenders reusagtig soos kalkoene. En blykbaar het ons nog nie eers die regtige mooi hoenders gesien nie. Die broeipare is blykbaar besonders. Hy het blykbaar bloues ook! Sien, ek is glad nie verkeerd met my blou skapie nie!

Toortsie

22 thoughts on “Middelpos

  1. Sjoe nou vat jy my ook ver terug. Toe ek nog jonk was( so 16 tot amper 30) het ons met melkbokke geboer. Ons het iemand op Middelpos geken wat ook melkbokke gehad het. My ouers het meer met die oom te doen gehad. Kannie onthou wat sy van was nie maar ek weet ons het wel by hom bokke gekoop en gaan haal. Dis darem maar pragtige hoenders wat die mense het. So lekker om regte versorgde hoenders te sien. Ek gaan meestal na ons pluimvee skoue net om te sien wat hul alles uitbroei. Ons het ook n kapokkie gehad. Swart en ‘n haantjie wat saans by ons in sitkamer op rusbank se rugleuning kom sit en dan saggies met mens gesit en praat het. Hy’t later sy twee vroutjies ook na bank genooi maar hul was meer teruggetrokke en wou nie by hom kom sit nie.

    Liked by 1 person

      1. Ag nou toe nou. Dis nou “toevallig”. Dis ‘n klein wêreldjie. Ek kon gaan opsoek wie hul was maar was nie lus vir grawe nie. Ek het al die bok jaarboeke en vergadering papiere saam heerheen gebring. Brong van baie interessante dinge. Tannie Issie duPreez van De Aar was ons sekretaresse gewees.

        Liked by 1 person

  2. Skou hoenders op Middelpos … kan jy nou meer! Toe ons by die winkeltjie op Middelpos ingegaan het, was daar ‘n kennisgewing op die deur geplak wat lui: “Die kind wat weer sy neus teen hierdie venster druk, se ma moet dit self kom skoonmaak” … dit het my ‘n tydjie geneem om op te hou lag 😅.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!