Eers … dan …

Dit begin by iets in my kop of ‘n soektog op google.

Die resep word verander soos ek dink dit behoort te wees. Gemaak. Verander. Gemaak. Verander. Later lyk die papier só en nog baie erger. Papier word oorgeskryf. Bekrap. Gemaak. Verander. Bekrap.

Dan, wanneer die gereg reg smaak, word dit getik en in ‘n lêer gesit. Weer eens gemaak, verander, bekrap.

Uiteindelik wanneer alles klaar is, word die hele boek gedruk, sommer net die rekenaarlêer en gebind. Steeds word geproe, oorgemaak, verander, bekrap …

Dán gaan ‘n kopié na Lizelle wat die resepte proeflees, kyk dat alles reg is, bestanddele en metodes met mekaar trou. Kos word gemaak. Foto’s geneem deur Lize en Lizelle. Foto’s en resepte bymekaar gesit. Boek word geproeflees en geredigeer deur Dora-Marié. Joh-Marie doen die bladuitleg, dit word gelees, reggestel, gelees, reggestel.

Die ‘print-ready file’ gaan na die drukkers en dan, eendag op ‘n baie nie-blou Maandag lui my voordeurklokkie.

Tadaaaa! Die proef!

Nog 2 weke DV.

Toortsie

23 thoughts on “Eers … dan …

    1. Dankie. Jong, enige iets wat enige mens voltooi is ‘n oorwinning. Ek vergelyk dit altyd met die eerste vrag graan wat ‘n boer vir die seisoen lewer of as ‘n ouditeur ‘n groot kliënt het en st state vir die jaar is afgehandel …

      Liked by 2 people

    1. Baie dankie. Jy sal dit by my kan bestel, hopelik by 26 Augustus. Ek sal dan die inligting deurgee. Die boek sal R195 kos wat geregistreerde posgeld insluit. Koerier of Postnet kos R100 ekstra. Maar ek sal op die blog sit wanneer dit beskikbaar is. 🙂

      Like

Gesels saam, asseblief!