Dit begin by iets in my kop of ‘n soektog op google.
Die resep word verander soos ek dink dit behoort te wees. Gemaak. Verander. Gemaak. Verander. Later lyk die papier só en nog baie erger. Papier word oorgeskryf. Bekrap. Gemaak. Verander. Bekrap.

Dan, wanneer die gereg reg smaak, word dit getik en in ‘n lêer gesit. Weer eens gemaak, verander, bekrap.
Uiteindelik wanneer alles klaar is, word die hele boek gedruk, sommer net die rekenaarlêer en gebind. Steeds word geproe, oorgemaak, verander, bekrap …

Dán gaan ‘n kopié na Lizelle wat die resepte proeflees, kyk dat alles reg is, bestanddele en metodes met mekaar trou. Kos word gemaak. Foto’s geneem deur Lize en Lizelle. Foto’s en resepte bymekaar gesit. Boek word geproeflees en geredigeer deur Dora-Marié. Joh-Marie doen die bladuitleg, dit word gelees, reggestel, gelees, reggestel.
Die ‘print-ready file’ gaan na die drukkers en dan, eendag op ‘n baie nie-blou Maandag lui my voordeurklokkie.

Nog 2 weke DV.
Toortsie
Wonderlik, heerlik, lekkerste lekker
LikeLiked by 2 people
Baie geluk!!!!
LikeLiked by 2 people
Dankie! 😁
LikeLike
Wat n gedoente. Presies soos dit werk. Oor en oor en weer en weer totdat daar vrede in jou hart is dat dit goed is.sjoe jy het omtrent gewikkel en uiteindelik het jy jou proefbork in die hand. Dis heerlik heerlik. Baie geluk sover nou net die laaste sportjie oor.
LikeLiked by 2 people
Baie dankie. Gisteraand uit due ‘nuwe boek’ kos gemaak.
LikeLiked by 1 person
Oooo dis lekker. Jy maak my sommer lus om die nuwe een ook te koop net vir die idee dat jy dit uitgee! Sal hopelik eendag regtig daaruit begin kook. Ek kyk darem gereeld na die resepte net vir die lekker.
LikeLiked by 2 people
Ag, jy is dierbaar!
LikeLiked by 2 people
Dankie vir die storie agter die skerms – dit is ‘n goeie voorbeeld van harde werk.
LikeLiked by 2 people
Dankie. Jong, enige iets wat enige mens voltooi is ‘n oorwinning. Ek vergelyk dit altyd met die eerste vrag graan wat ‘n boer vir die seisoen lewer of as ‘n ouditeur ‘n groot kliënt het en st state vir die jaar is afgehandel …
LikeLiked by 2 people
Ek verstom my aan jou energie en dryfkrag! Die boek – en die skrywer – lyk allerpragtigs.
LikeLiked by 2 people
Dankie. Nou gaan ek eers ‘n paar dae weg en as ek terugkom wag die boeke hopelik vir my. 😁
LikeLiked by 2 people
Dis net die pragtigste foto van jou!
LikeLiked by 2 people
Dankie liefste Una.
LikeLike
Wat n opwindende 2 weke wat voorlê
LikeLiked by 2 people
Praat jy! 😁
LikeLiked by 1 person
Ek wil die boek def koop! Gee asb raad waar en hoe. En geniet elke oomblik van die produk van jou harde werk! 💗
LikeLiked by 2 people
Baie dankie. Jy sal dit by my kan bestel, hopelik by 26 Augustus. Ek sal dan die inligting deurgee. Die boek sal R195 kos wat geregistreerde posgeld insluit. Koerier of Postnet kos R100 ekstra. Maar ek sal op die blog sit wanneer dit beskikbaar is. 🙂
LikeLike
👏👏👏
LikeLiked by 1 person
Jou hare lyk pragtog op die foto!
LikeLiked by 1 person
Vreeslik baie dankie. Dit vra nogal ‘n bietjie werk, maar ek geniet hulle op die oomblik.
LikeLike
Jy lyk pragtig, baie geluk en wow, goed jy gaan rus. Ek kan my indink hoe lekker elke ding daar smaak🌻🌻
LikeLike
Dankie liewe, positiewe, opbouende Virgo
LikeLike
🌻🌻💜
LikeLike