Ek en Intermittent Fasting

Ons twee sukkel nog om mekaar te vind. Ek, en Intermittent Fasting.

Die ding is, ek is ‘n weidier. Beslis familie van die skaap. Ek hou daarvan om hierdie bossie te proe, aan daardie grassie, en as die baas die voer bring, my behoorlik vol te eet daaraan ook. Net om netnou weer ‘n bietjie aan ietsie te knibbel.

Dit het nog altyd vir my gewerk, ek het maar net gesorg dat ek aan Bantinggoedjies knibbel, soos kaas of salami of ‘n neut of twee. En ja, ek knibbel beslis minder as die tyd toe ek stysel en baaaaie suiker geëet het. Toe was ek permanent honger. Nou is ek sommer net lus vir kou. Gewoonte, jy weet.

Maar dit gaan oor insulien wat elke keer wat jy koolhidrate inneem, afgeskei word en later weet die selle nie meer wat om met al die insulien te maak nie en raak weerstandig.

Nou ja, ‘n geloofsvas af en toe vir ‘n spesifieke rede is iets heeltemal anders. Dan eet ek die hele dag niks tot vanaand 6 uur. Banting werk natuurlik uitstekend met Intermittent fasting omdat jy soveel langer versadig bly. Dis net dat ek regtig sukkel met hierdie kopskuif.

Ek kry dit soms reg. Net soms.

Toortsie

8 thoughts on “Ek en Intermittent Fasting

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s