Die vrou by die put (my eie weergawe)

Hierdie is my eie weergawe van die storie van die vrou by die put, soos in Johannes 4. Glad nie feitelik korrek nie, glad nie soos dit in die Bybel staan nie. Maar soos sy vandag in my hart met my praat. Kom ons noem haar Marie.

Marie is ‘n Samaritaanse vrou. Sy woon rondom die jaar 0032 in die dorpie, Sigar. Sy is ‘n uitgeworpene. ‘n Randfiguur. Nie gewild nie. Nie een van die ‘in-groep’ nie. Die mense skinder oor haar.

Want sy is anders. Sy pas nie lekker in nie, veral nie in die boksie wat ‘n tipiese Sigarvrou in 0032 moet pas nie. Sy hét al probeer om in te pas in daardie boksie, om so te wees soos wat die samelewing vereis. Om die waarheid te sê, eintlik het sy dit heeltemal reggekry. Só goed het sy dit reggekry dat ander haar amper bewonder het daarvoor, maar aan die ander kant, juis vermy het omdat hulle amper jaloers op haar was. Maar dít het haar baie moeg gemaak en, om die waarheid te sê, glad nie gelukkig nie. Want geen mens kan regtig gelukkig wees as hy nie sy ware hy uitleef nie. Dit is soos om ontrou aan homself te wees.

Marie is anders. sy hou van bont. Helder kleure. Nie noodwendig kleure wat by mekaar pas nie. Sy volg baie keer wat haar hart vir haar sê, selfs teen die uitstekende raad van ander in. Soms hoor sy dat sy hardkoppig is. Stroomop. Die mense kan net nie verstaan dat sy met die tweede beste tevrede is terwyl die beste binne haar bereik is nie? Hoekom sal sy teen alle reëls in die vreemdste keuses maak?

Die ding is, Marie hou daarvan om te eksperimenteer. Om dinge op ‘n ander manier te probeer doen. Sy gee nie om om foute te maak nie, want sy glo dat sy in die proses leer. Ontwikkel.

Marie het skape, nes al die ander vroue in Sigar. Al verskil is dat sy haar skape bad, want hulle slaap saans by haar in die bed. En sy kleur hulle die vreemdste kleure: blou, pienk, geel … Haar klere is oorversier, want dis hoe sy daarvan hou.

Toe ontmoet sy vir Jesus en haar hele lewe verander. Hy sê vir haar dat Hy vir haar liefhet net soos sy is. Dat sy perfek geskape is. Daarvandaan wil sy net aan Hom die eer bring op elke moontlike manier. Met ‘n bak vol bloedrooi harte … want van al die baie mooi kleure in die wêreld is rooi steeds vir haar die heel mooiste.

Ek het U lief, o Heer

Toortsie

39 thoughts on “Die vrou by die put (my eie weergawe)

    1. Dankie Anne. Die groen skapie was al geel en die gele was al bruin en die jas se sypanele was al ingekleur en die jas het ‘n massiewe blom op die rug gehad. Ek hoop regtig dat hy eendag … eeeeeendag klaar sal kom. 😁

      Liked by 2 people

            1. Jy het my gestimuleer en ek het nou al aan ‘n paar stories gedink wat ek kan skryf. Ongelukkig moet die prentjie eers ‘n ent vorder voor ek weer kan skryf. Teen daai tyd het die stories al weer uit my kop uit gevlieg! 🙂 Ai tog.

              Like

              1. Ja jong, mens moet maar notas maak soos wat mens op stories afkom. Eks op hierdie stadium ook dat ek in die stort ‘n gedagte kry. As ek aangetrek is kan ek nie meer onthou wat dit was nie. Gelukkig gebeur dit nogal as ek gaan loop dan onthou ek weer wat dit was.

                Liked by 1 person

    1. Dankie San. Dis kamtig vir die VLV kompetisie van laas jaar en dan moet alles geheim bly. Maar ek het gedink: g’n niemand sal gepla wees met my bont lap nie, so ek wys hom graag. Appeltjie het juis een keer gevra ek moet soms kom wys en soos die lap en die storie vorder sal ek kom wys. Oe dis nog baaaaie werk. Die hele lap moet ingekleur word en ek trek meer uit as wat ek vorentoe gaan.

      Like

      1. Hi Toorts! Dis lekker om te weet en ek kan nie glo dis al soveel jare nie – ek geniet jou inskrywings altyd. Dis net jammer dat my tyd so beperk is gedurende die termyn, die dat ek soos ‘n agter-os altyd laat inval met die lees en kommentare. 🙂

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s