Dit begin al by ontbyt

Ek geniet die Bantingjuffroukursus geweldig baie. Baie van die goed wat ek nou leer, het ek al raakgelees die afgelope sewe jaar, maar dit is goed om weer herinner te word. Ek weet ook dat ek nog baie sal leer wat ek nie weet nie.

Die lesing waarmee ek nou besig is is erg. Skokkend. Dr Hassina Kajee is ‘n mediese dokter en kry in die hospitaal waar sy werk te doen met mense wat die gevolge dra van diabetes. Van suiker en stysel. Ek wil nie eers daarop ingaan nie. Die persentasie mense wat daardeur geraak word is angswekkend.

Terwyl ek vanoggend my drie eiers bak vir ontbyt, dink ek aan wat sy gisteraand gesê het. Dat die een wat die drie eiers eet baie langer versadig gaan bly as die een wat pap eet wat stysel- en suikerryk is. Dat jou liggaam insulien afskei as jy eet (sover ek weet, as jy suiker eet) en as jy te gou weer honger raak en weer suikers/stysel inneem, jou liggaam weer insulien afskei terwyl jou liggaam dit eintlik nog nie kan hanteer nie. Dat jy insulienweerstandig raak en en en … en jy bly moeg voel en moet meer suikers inneem om energie in die hande te kry, energie wat net ‘n kort rukkie hou voor jy wéér nodig het. En onthou, stysel is suiker. (Wat ek nou bygeleer het, is dat wanneer jy eet, jy altyd insulien afskei, maar baie meer wanneer jy suikers/stywel eet. En natuurlik, dat jy mos langer versadig bly as jy nie stysels inneem nie, so die insulienafskeiding word minder.)

Ja, jy hét die voorreg om te kies watter tipe energie jy inneem – suiker of proteïen of vette. Dis net dat jou keuse ook jou gesondheid gaan beïnvloed. In die begin gaan jy dalk beter voel op jou keuse wat jou op die lange duur baie skade kan verrig.

Daai eiers in botter gebak was lekker, hoor, en ek dink nie dat dit regtig langer neem as om pap te maak nie. Terwyl die eier besig is om te bak, pak ek gou solank gisteraand se skottelgoedjies weg. En omdat ek ‘n behoorlike ontbyt geëet het, knibbel ek nie heeldag aan alles wat ek sien nie.

Toortsie

36 thoughts on “Dit begin al by ontbyt

  1. Wst n lekker verskoning om om Caramel te eet! Laat ek dadelik winkel tie gaan.
    Ek terg sommer, ne! Eiers laat eerder my bloedsuiker daal as styg. Dis dusvregtig baie gesond vir diabete

    Like

        1. 😉…spoel hom skoon, appelsap, peersap, beet, wortels. Peppermint tee en begin op Milk Thistle ( van my winkel af😉. Kan ook galdruppels kry van Dr Vogel). Jy sal voel wat hom pla, weet klaar v eiers, ander ouens: kaas, melk, wheat produkte, koffie , vleis, veral vark,tjoklits (😭). Nie almal nie, maar daai gewoonlik op die lysie.

          Liked by 1 person

  2. Klink interessant, hou ons meer op hoogte – wat gaan volgende wees? Kan nie wag nie. Ek is lief vir eiers en het dit self vir ontbyt vandag gehad. Hou ook van my pap, maar sal meer eiers probeer. x

    Liked by 1 person

    1. Môre. Wat bedoel jy met wat volgende is? Wat op die spyskaart is of wat ek leer? 😁 Die volgende wat ek geleer het is dat dit nie net die WAT is wat jy eet wat ‘n invloed op jou insulien het nie, maar die WANNEER en d a a r r r lê my groot probleem. Ek eet steeds te veel kere op ‘n dag. Beslis baie minder as toe ek koolhidrate geëet het, maar intermittend fasting en ek is nie maats nie. 🙈

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s