Jy is seker nie ernstig nie!

“Jy is seker nie ernstig nie!” het iemand vir my gesê toe ek aangekondig het dat ek Banting (Keto) doen. Ja, ek was ernstig en ek het dit ‘aangekondig’ op my blog, want ek het nie, soos ander diëte ‘n ondersteuningsgroep gehad waarby ek een keer per week kon gaan aanklop vir hulp nie. “Ek stel voor dat jy gaan navorsing doen hieroor”, was die antwoord. Gaan doen navorsing.

Die ding van navorsing op Google is dat dit nie saakmaak watter onderwerp jy soek nie, jy beslis iewers iets sal kry wat jou ondersteun. Maar ek is nie ‘n navorser nie. Ek sal ‘n bietjie oplees, maar ernstig navorsing doen? Nope. Nie ek nie.

Gelukkig is daar wel oor baie jare baie navorsing hieroor gedoen, dit was net nie erken deur die sisteem wat deur koolhidraatmagtiges gedryf is nie. Ons almal onthou hoe groot nuus Prof Tim Noakes daardie tyd was toe iemand hom gaan aankla het by die Mediese Raad! Ag, en as hy selfs nou nog waag om iets te sê, haal hy die koerante se hoofopskrifte. Soos oor Covid en LCHF.

Weet julle wat is vir my lekker? As ek die Nutrition Network se webblad oopmaak waar ek die Bantingjuffrou kursus doen en ‘n hele blad vol gesigte van dokters, wetenskaplikes, kenners sien wat my begroet. Almal mense wat weet waarvan hulle praat. Geleerde mense. Dit maak my rustig om te weet dat ek by ‘n organisasie is wat nie dinge sommer net uit hulle duime suig nie. Dat hulle navorsing doen. En dat ek, die ou boervroutjie van die plaas af nie navorsing hoef te doen nie, maar hulle net hoef te volg. Want hulle weet waarvan hulle praat.

As hulle sê dat die LCHF-leefstyl jou sterker maak in die geval van Covid, glo ek hulle. Wel, ek het dit aan my eie bas gevoel. Nee, dit gaan jou nie keer dat jy dit nie kry nie. Dit gaan jou ook nie uit die hospitaal hou nie. Maar julle weet mos dat diabete van die grootste risiko het met Covid? En asma-lyers, terloops. Wel, ek was pre-diabetes sewe jaar gelede, ek is so dankbaar dat ek dit kon verhoed én ek kry asma én ek is al amper by die risiko-ouderdom. Jaja, die Here was goed vir my Januarie.

En as daardie spesialiste sê Banting (Keto/LCHF) is ‘n goeie teenvoeter vir diabetes, wie is ek om te stry? En dan weet ek dat die Bantingleefstyl beslis sal saamwerk met Intermittent Fasting, wat nou die buzzword is.

Nee wat, ek vertrou die span. En ja, ek is ernstig hieroor. Maar, soos altyd, sê ek: Praat net eers met jou dokter voor jy dit begin doen. Want net jy is verantwoordelik vir jou keuse, ek ken nie jou omstandighede nie.

Toortsie

8 thoughts on “Jy is seker nie ernstig nie!

  1. In my persoonlike belewenis versnel ‘n lang daaglikse vas gewigsverlies, en maak dit ook baie makliker om doelwitgewig te handhaaf. Ontbyt was vir my ‘n kopseer, want ek is nie lief genoeg vir eiers om dit elke dag te eet nie. My tyd is ook knap in die oggend vir ontbyt voorberei. Ek is lief vir suiwel, maar te veel daarvan en ek sukkel met sinisitus. Dus vas ek ontbyt en eet ‘n substansiële middagmaal en weer saans. Dr Ken Berry en dr Jason Fung verduidelik die gesondheidsvoordele daarvan op Youtube.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s