Die deur – my beurt

Die Goue Vroue is op ‘n avontuur in Afrika. Elkeen is die outeur van haar eie storie. Maar die Jumanji bord gooi ons rond. Lees al die avonture hier:  https://fresh.inlinkz.com/party/222c461d2afc4999aca03fa567cd84ea

Elkeen kry haar beurt om die dobbelsteen te gooi wat hulle in ‘n nuwe ondervinding bring. Voor almal nie die dobbelsteen gegooi het en hulle die eindpunt bereik en JUMANJI! skree nie, kan hulle nie teruggaan Rebusfontein toe nie. Intussen storm elkeen van die diere waarmee hulle te doen kry, met ‘n verwoestende spoed Rebusfontein toe en skep daar chaos.

Jumanji, ‘n spel vir die wat soek om te vind, ‘n manier om hulle wêreld te verlaat. Jy rol die steen om jou teken te skuif. Dubbels kry nog ‘n beurt. Die eerste speler om die einde te bereik wen. Op die ander kant: Avontuurlustiges pasop. Moenie begin tensy jy beplan om klaar te maak. Die opwindende gevolge van die speletjie sal eers verdwyn wanneer ‘n speler Jumanji bereik en die naam uitroep.

…………………………………………………………

San gee die dobbelsteen vir my aan. My beurt om te gooi. Eintlik wil ek nog nie gooi nie, maar eerder nog ‘n hele paar dae by die flaminke vertoef. Ek geniet só die rustigheid. Maar die lewe gaan aan en elke dag wat ek langer wag, is dit ‘n ekstra dag wat die span wilde diere op Rebusfontein amok maak. Voor ons nie eers almal ‘n beurt gekry het en by die spel se eindpunt kom en almal saam Jumanji skree nie, kan Rebusfontein nie gered word nie.

Ek skommel die dobbelstene en gooi ‘n 4 en ‘n 5. Nege! Ons skuif die praatstokmannetjie 9 plekke aan, maar voor ek kan kyk op watter nommer ek geland het, is ons skielik in ‘n digte bos. In gelid stap ons voetjie vir voetjie vorentoe. Ons kan die onheilspellendheid aanvoel. San loop heel voor en praat met ons deur handgebare. Niemand sê ‘n woord nie. Ons wil nie erken dat ons effens bangerig voel nie, maar as ons regtig eerlik is, is daar ‘n ligte krieweling hier by die ruggraat. Wat gaan aan?

“Renosterwêreld”, fluister Christa. “Swartrenosters.”

“Swartrenosters?”, fluistervra Trommeltjies. “Uiters onplesierig selfs in die beste van omstandighede.”

“Hulle val eers aan voor hulle nog vrae vra”, fluister Seegogga, “want hulle kan nie goed sien nie.”

My neus begin skielik ‘n vreemde krieweling kry. Nee man, neus, jy moenie my nou in die steek laat nie!

Ons kom af op ‘n misplek. “Swartrenosters mis mos almal op dieselfde hoop,” sê Aalsie.

VirgoC voel aan die mis. “Dis nog warm”, sê sy, “hulle was sommer kort gelede nog hier.’

“Dan is hulle sommer nog in die omtrek”, antwoord Frannie.

Ek voel net nog grilleriger. En my neus … My neus moenie nou dink dat hy moet begin kriewel net omdat swartrenosters goed kan ruik nie!

“G’n wonder hulle is so beduiweld nie. Kyk net al hierdie stokkies in die mis. Ek sou ook beduiweld gewees het as daar elke dag tandestokkies deur my derms moes gaan”, sê Positief.

Die volgende oomblik wys San met haar hand dat ons moet stilstaan en toe sien ons dit: Daar in die droë rivierloop is twee swartrenosters aan die baklei.

(Foto geneem met Toortsie se eie kamera)

“Daar is nie ‘n manier dat ons verder kan stap nie, ons moet hulle nou maar eers kans gee om klaar te baklei. Hulle kan in enige rigting beweeg en gaan nie vir ons uitswaai nie.” (Appeltjie)

“Julle! Kyk hoe kap die grote die klein een met sy horing!” (Aalsie)

“Sjoe! dit moet seer wees!” (Sonell)

My neus kriewel al meer – dis senuwees wat dit doen!

“Dit lyk vir my meer na rooi renosters as swart renosters van al die bloed.” (WoordNoot)

“Lyk in elk geval vir my meer na ‘n ‘grys’ renoster as ‘n swarte”, (Una), “maar die onderskeid tussen die witte en die swarte is mos by die bek. Nie dat die witte wit is nie, sy mond is net so wyd.”

“Hulle veg tot die dood toe, hou nie op voor die tyd nie.” (Frannie)

“Sal hulle nie ons ruik of sien nie?” (Christa)

“Nee wat, hulle testosteroonvlakke is nou te hoog, hulle ruik net hulleself.” (Toortsie)

Toe kan my neus nie meer nie en ek nies. Nie sommer net só ‘n nies nie, ‘n behoorlike nies. Altwee die renosters ruk tot stilstand en kyk in ons rigting, hulle eie stryd vergete!

“Trommeltjies! Gooi die dobbelsteen! Gou!”, skree al die Goue Vroue gelyk.

44 thoughts on “Die deur – my beurt

  1. Wat!!!! Ag nee, Toortsie, daar staan jy sowaar en nies!!! Jy weet mos meeste van ons kan nie vinnig hardloop nie, of boomklim nie! Nou is ons behoorlik in die gemors!😳🙉

    Liked by 2 people

  2. Nice…. Sommer net so. Nou moet ek en arme Aalsie twee regte beduiwelde-testosteroon-belaaide renosters paai..Hoe?? Dink jy hulle hoor enige iets nou. Klim boom suster en gou, dit gaan ‘n lang dag wees tot hulle vir ons uitlos.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s