Vandag is ‘n feesdag, want vandag is dit presies sewe jaar sedert ek die groot besluit geneem het om stysel en suiker uit my dieet te sny. Wat ‘n groot besluit! Wat ‘n drastiese besluit om te neem vir iemand wat kosverslaaf is, suikerverslaaf. Iemand wat die soetste denkbare tjoklit gekoop het, wat mal was oor vleis en brood en niks daarby nie. Vir konfyt. Braaiaartappels. Rys en vleis en aartappels. Boontjiesop. Ertjiesop. Pasta. ‘n Dik sny varsgebakte brood.
Maar ek het die besluit geneem. Oornag. En op ‘n Sondagoggend begin met niks Bantingkos in die huis nie.
In die sewe jaar het ek geleer dat daar lewe is ná stysel. Om die waarheid te sê, wonderlike lewe. Dat daar heerlike kos te eet is selfs al kan jy nie suiker en stysel eet nie. Dat deur LCHF te eet, daar ‘n hele nuwe koswêreld vir jou oopgaan. Dat neute en kaas kos is.
Ek het ook geleer dat as jy ‘n verslawing het, jy dit altyd het. Dat jy dit kan beheer deur gebed en selfdissipline, maar dat hy altyd daar sal wees en dat jy hom nie eers ‘n pinkie kan aanbied nie, dis beter om hom eerder 100% te vermy. Dat hy selfs ná sewe jaar as jy hom sou toelaat, jou weer sal wil oorneem en beheer.
Al volg ek die Bantingleefstyl so te sê 100 persent, sal ek ook weer ‘n slag moet kyk na wat ek eet. Dalk minder suiwel soos joghurt, eerder eiers bak in die oggend. Oppas vir te veel neute in my dieet. Versigtig dat ek nie meer as die aanbevole oranjelysitems per dag gebruik nie. Meer vars groente eet soos in slaai.
Ek is steeds effens oorgewig, maar beslis nie vetsugtig (obese) soos ek was nie. Ek is gelukkig met waar ek tans is.
Toortsie

You walk the talk🥳
LikeLiked by 3 people
😁😘
LikeLiked by 1 person
Baie geluk. As ek net dink aan slaptjips met baie asyn opgee, wil ek sommer huil. Die ses weke van lent gaan dan so stadig daarsoner verby.
LikeLiked by 1 person
Mens eet net kaas. Baie kaas. En sommer nog ‘n bietjie by. Later vergeet jy van skaptjips en baie sout en asyn. Ek weeeeet hoe lekker dit smaak! Ek kan dit onthou!
LikeLike
Well done, Toortsie. I gave up eating most meat after my last child was weaned – not for any ‘bunny hugging’ reason but simply because, even as a child, I never enjoyed the texture. I am not a total vegetarian by any means yet this decision opened up a whole new world of food and a way of eating long before Banting became popular. It is a year now since we have cut out starch from our diet and my husband is amazed that he no longer misses it (much) and how tasty dairy products, vegetables and nuts can be. I regularly cook meat for my carnivorous family. You are a model for promoting healthy eating!
LikeLiked by 1 person
Thank you. If I only could leave the Diet Coke! It is poison!
LikeLiked by 1 person
Dit is wonderlik! Baie geluk!! Ek geniet ook nog jou banting resepte boeke. Jy maak als maklik!
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe Sonell. Ek wil asb jou boek 2 ook in my pakkie hê. Jy kan laat weet wat hy kos. ❤️
LikeLiked by 1 person
Baie dankie 🤗 Ek laat weet jou xx
LikeLiked by 1 person
Jou borde kos jyk altyd soos ń feesmaal!
LikeLiked by 1 person
Dankie jong! Eet is ‘n lekker besigheid. 😁
LikeLike
Sjoe jy is n regte vas-byter. Ek kan net nie wegbly van coke nie, dan is dit nogal die met suiker in. Sug, gelukkig het ek darem verder suiker gelos.
LikeLike
Ek het al gehoor dat Coke Lite selfs erger is as gewone Coke. 🙈
LikeLike
Nou toe nou, dis goeie nuus haha. Dit bly steeds te veel suiker.
LikeLiked by 1 person
As jy gelukkig is, bly waar jy is. Ons lief jou net soos jy is
LikeLiked by 1 person
Dankie. En soos jy sê, bly waar jy is. Dis hoebek oor amlal voel. As jy gelukkig is en jou eetmaniere vir jou werk, hoekom verander? 😁
LikeLike
Baie baie geluk met sewe jaar se vasbyt en deurdruk.
Ek wil ook weer mooi kyk na wat ek eet. Die banting manier van eet is vir seker ‘n aanwins vir elke mens se gesondheid.
LikeLike
Baie dankie. Na al hierdie jare is dit vir my ‘n leefwyse, maar ek moet maar fyn oplet, want jy glip hier en daar sonder dat jy dit agterkom. Banting werk vir my. 🙂
LikeLike
Mooi so! Jy is ‘n voorbeeld vir baie! 👏
LikeLiked by 1 person
Baie dankie! 😁
LikeLike
Hoe lusek nou daai kaas en droë wors…
LikeLike