Scrapy daag ons uit om te skryf oor ons kleinkinderliedjies. Wat ‘n behoorlike lekkerte! Ek het met sing en met musiek grootgeword. My ma kon klavierspeel en ek was omtrent 5 jaar oud toe sy haar klavier gekoop het. Sy het altyd O glo my uit haar kop gespeel en dan het sy sulke draaie en swaaie, arpeggios ingewerk. Ek was mal daaroor.
Saam met die klavier het sy daardie dag ook ‘n paar boeke gekoop wat ‘n groot rol in my, en later ook in my dogter se lewe gespeel het: Die FAK-sangbundel, My Fair Lady en Sound of Music se begeleidingsboeke bedoel vir sang en die World Famous Piano Pieces. Daar was nog boeke wat sy gebruik het om vir die Ouplaaskinders in die sangklas te help, maar ek kan nou nie hulle name onthou nie. Halleluja klavierbegeleidingsboek.
Ek het die FAK deurgesing. Deurgespeel. Oor en oor en oor. Ek het elke liedjie se woorde geken. As deel van my musiekles moes ek selfs later jare in die hoërskool sommige van die meer ingewikkelde liedere se begeleidings aanleer, want tannie Elza het gevoel dat ‘n klavierspeler moet kan begelei. Hoe dankbaar is ek tot vandag toe nog dat sy my daardie vaardigheid en liefde geleer het. Ek is geen uitvoerende kunstenaar nie en hou nie daarvan om te speel vir ‘n gehoor nie, maar ek geniet begeleiding. En deesdae nie meer koorbegeleiding nie, dit is te spanningsvol, maar kerkbegeleiding.
En My Fair Lady en Sound of Music. Ek het daardie liedjies almal geken, elke woord. Ek het uit volle bors gesing terwyl ek myself begelei het. Nou moet ek erken, ek het nie die begeleidings in die boek gespeel nie, maar beslis meer ‘op gehoorspeelstyl’, wat natuurlik juis dit in my ontwikkel het. Volle akkoorde, baie note. Iemand het nou die dag vir my gesê nadat ek weer die eerste keer in ‘n baie lang tyd in ons kerk klavier gespeel het dat sy lanklaas so ‘n lekker ‘vol’ begeleiding gehoor het. Alles danksy die FAK, My Fair Lady en Sound of Music. En toe my dogter later jare op skool was, het hierdie selfde twee boeke uit die musiekblyspele ook háár bron van lekkersing geword en het sy elke jaar daaruit ‘n liedjie gekies vir die eisteddfods.
Dieselfde met die Hallelujaboek. Deurgespeel. Deurgesing. Woord vir woord in my hart gebêre tot vandag nog. En as ons in die motor gery het, het ek en my ma duette gesing en in kanon …
Toortsie
Dis heerlik om so terug te dink aan al die saamsing as ons karry of sommer net by die huis is. My ma was die een wat gesing en gedans het. Ek het self ook die FAK wat ek gelukkig saamgebring het.
LikeLike
Ja, ons het graag gesing. My ma het ook musiek op plate geluister, maar ek vind dat ek baie musiekname nie ken nie en veral popmusiek nie altyd geken het nie omdat ek eerder self musiek gemaak het.
LikeLike
Ek het altyd ‘n punt daarvan gemaak om die woorde te leer. Ek hou daarvan om te weet waaroor gesing word .
LikeLiked by 1 person
Ag en ek het vergeet om landsliedjies en CSV-liedjies by te sit. Ja, ek weet nie if ek altyd verstaan het wat die woorde beteken nie, maar ek het dit geken. Kon nooit maklik ‘n gedig se woorde onthou nie, maar ‘n liedjie? Tjop-tjop.
LikeLike
Toe ek vir grade skoolhou moes ek al die liedjies se woorde leer en voor sing. Kinders het dit altyd geniet. Selfs die tyd wat ek by privaat swart skool skool gehou het het ek al hul engelse liedjies en ook van die sotho liedjies geleer en saam gesing(en ook gedans!)
LikeLiked by 1 person
Ag hoe verskriklik lekker!
LikeLike
Ek het steeds daardie gevoel van saamsing en ook stories vertel in my ou lyf.
LikeLiked by 1 person
Je kan de kinderen misschien ook nog eens trakteren op
Groetjes 😀 uit Vlaanderen van achter een gezond drankje
Theo
LikeLiked by 1 person
Dankie 😁
LikeLiked by 1 person
Ek sten saam Die akkoorde in die FAK was n goeie grondslag vir begeleiding
LikeLiked by 1 person
Ek kon korale lees,?so ek dink uit fak het ek wel akkoorde gelees. Nie uit My Fair Lady. Maar dat ons goeie harmonie geleerbis, is nie altemit nie.
LikeLike