Die duiwel is listig

Eintlik wil ek sê, die dywel is listig. Want, joe!

Net mooi nou, op hierdie oomblik, sê hulle op RSG: ‘Almal voel soms paranoïes.’ Groot woorde. Jajaaa, ek dink nie ek is regtig paranoïes nie, maar soos die persoon gesê het … almal … soms.

Kyk, verlede week was ‘n verkeerdom week. Ek het gedink dat ek darem nou al ‘n boek toe-oë sal uitgee. Né? Rêrig êrig? Oppas vir grootkop raak, hoor! Jy kan jou lelik misgis.

Skielik is die keuse van die voorblad ‘n spanningsvolle ding. Wat is die regte ding om te doen? Die algemene keuse? Of moet ek my eie kop volg? My hart? Die algemene keuse is mooooooi … maar dit voel vir my of daardie ek op pad is ouetehuis is en wie wil nou ou kookboeke koop?

Ag, sulke ou spanninkies kan ek hanteer, maar die duiwel weet beter … hy sit die land in chaos … uhm … wat het ek van spanning gesê? Hoe sê die radiovrou? Almal voel soms paranoïes. Ons woon in Suid-Afrika, jy weet.

En ek, wat nooit koerant lees nie, kry ‘n erg ontstellende koerantberig oor my kerkdenominasie. En net daar tip die ysberg om. Ek doen navraag, ontdek die onmiddellike antwoord eers ‘n hele paar dae later in my spamboksie, listige dywel, né? Voel gerus gestel daarna, want dit wat daar geskryf was, was ongegrond.

Sal iemand sowaar vandag op my blog my geloof bevraagteken. Regtig? Die ding is, ek gun elke ou wat hy glo as hy dan wil. Ek gaan nie op ‘n ander ou se blog sy geloof aanval, beledig, verkleineer nie, selfs al stem ek geensins daaroor saam nie. Ek sal eerder sommer net nie meer daar lees nie, veral as die persoon my God beledig. Maar op my eie blog? Daar skryf ek oor my geloof. Openlik en eerlik.

Ek weet my kerk het foute. Baie. Ongelukkig het elke kerk foute en sal daar sekerlik nie een wees waarmee jy 100% saamstem nie. Solank hulle steeds die Bybel glo en volg, Jesus se maagdelike geboorte en Sy kruisdood, opstanding en hemelvaart bely. Die Drie-Enige God aanbid. Solank ek hulle nooit uitvang dat hulle die Woord verdraai nie. En ek dink nie ek hoef teologiese punte te beskerm rondom my kerk nie, hulle moet maar die dominees vra.

Gelukkig hang my hele geloofslewe nie net af van my kerkdenominasie nie, want ek lees my Bybel tuis en ek lees goeie geestelike boeke. En ek het vir Jesus aan my kant.

Toortsie

14 thoughts on “Die duiwel is listig

  1. Lag nou lekker hiet in my binneste oor jy gehoor het van die duiwel se probleem en jy jammer voel vir hom. Weet jy daardie mense wat so maklik jou aanval omdat jy gelowig is maak my sommer die duiwel in. Ek draai sommer my rug op sulkes. Jy staan sterk in jou geloof en dis wat God wil he. Goed so.

    Liked by 1 person

  2. Die duiwel was baie listig – selfs toe daardie persoon jou aangeval het. Baie keer moet mens maar net in Jesus se Naam vra dat daardie duiwel (of duiwels) uit jou lewe gedryf sal word. Die persoon wat jou op jou blog aanval het geen respek vir ‘n ander of ‘n ander se geloof – waar is die selfrespek dan?

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!