Ek is besig om al die kosfoto’s in lêers te sit, een vir elke dis. Want al die foto’s is deurmekaar in Google Drive en al het ek elkeen van die baie foto’s se naam en bladsynommers bygesit, is dit steeds nie georden volgens naam nie. Dit maak die werk vir die grafiese kunstenaar onnodig moeilik, want hoe moet sy nou kies wátter een van die vyf of ses foto’s van elke dis die mooiste een is?
Dit maak my natuurlik honger en lus vir kosse wat nie hier in die huis is nie, maar behalwe dit, sluit dit ander herinneringe oop.
Kyk, ek wys vir jou:
Sjinese bakkies uit my ma se goed. Sy het ‘n volledige stel aangeskaf toe Sjinese kos in die mode was. Ek weet nie wat van die stokkies geword het nie. Die glasbakkie waarin die patatskywe gepak is, is deur my neef en sy vrou vir my as trougeskenk gegee. Dit is deel van die pragtigste stelletjie met ‘n kleine kristal suikerpotjie en melkbekertjie. Sy lewe lankal nie meer nie, is sommer skielik oordag dood aan ‘n asma-aanval. Hierdie twee wit bakkies was ‘n kombuisteegeskenk van ‘n meisie wat saam met my skoolgehou het. ‘n Bord uit my ma se mooi blou versameling en een van haar pragtige wit porseleinborde waarmee sy die bloues vervang het. Pragtige teestel van my ma. Blou eetstel – Trougeskenk van my oorlede broer en sy vrou.
Wag! Laat ek dadelik ophou met foto’s wys! Netnou is julle net so honger soos ek en dit net van foto’tjies kyk! Toortsie 3 is hopelik binnekort klaar. Teen Vrydag as alles goed gaan, ontmoet ek en die grafiese ontwerper om net die finale verstellinkies te doen voor dit na die drukkers gaan, hopelik teen einde volgende week.
Mooi loop!
Toortsie
Ns. Jajaaa, al hierdie kossies kom uit Toortsie se kombuis!
'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is...
A Flashlight whose light shines everywhere, even on places where it is not so comfortable.
Beskou all artikels deur Toortsie
Daai blou borde van my ma … daar was die mooiste sop opskepbak en ‘n klomp blou goed uitgestal in my ma se kamer. Ek het nogal gedink dat ek dit darem nie moet laat verlore gaan toe sy dood is nie, maar waarheen met die goed. Gelukkig was die kleindogters daar en elkeen het toe van dit geneem om in hulle eie huise uit te stal, wat ek vir hulle gegun het. 🙂
Dis pragtige borde en bakke wat die kos se voorkoms bevorder. Pragtig. Ons het hier tweedehandse winkels waar baie van die ou ou breekgoed teen n klein bedraggie verkoop word. Geld gaan vir liefdadigheid.
Ek weet. As ek so na die goedjies kyk wat hul so verkoop dink ek nogal dat dit iemand was wat omgegee het vir die breekgoed en nou is dit sommer hier in ‘n tweedehandse winkel. Niemand van Familie het omgegee of dalk is daar nie familie nie.
Ooo, daardie patatskywe…
LikeLiked by 1 person
Heerlik met ‘n j. JEEERLIK! 🙂
LikeLiked by 1 person
Dis mooi dat jy jou herinneringe so koester en deel,Toortsie.Ons sien uit na Toortsie 3.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
ek het eers besef hierdie foto’s gaan oor die borde, nie die kos nie. dit lyk verruklik
LikeLiked by 1 person
Jajaa dit gaan eintlik oor die borde 🙂
LikeLike
Kyk dit vat min om vir my honger te kry … mooi borde en lekker kos … speeksel nou in oorvloed in my mond, dit lyk njammies verby en Jeerlik!
LikeLiked by 1 person
Jip. Nou eet ek maar joghurt , dis al wat hier nou dadelik is. 🙈
LikeLike
Ek is mal oor al die mooie bakkies en borde, Toortsie. Natuurlik die kos ook.😉
LikeLiked by 1 person
😘
LikeLike
Eendag gaan ek by jou kom kuier om die magdom kaste vir al die eetstelle te kom sien en natuurlik te kom proe
LikeLiked by 1 person
Oeee ek hou van hoe jy dink! Dat jy gaan kom kuier. Ek moet fluister dat baie van daardie gewese stelle deur een bord verteenwoordig word in my kas. 🙂
LikeLike
Daai blou borde van my ma … daar was die mooiste sop opskepbak en ‘n klomp blou goed uitgestal in my ma se kamer. Ek het nogal gedink dat ek dit darem nie moet laat verlore gaan toe sy dood is nie, maar waarheen met die goed. Gelukkig was die kleindogters daar en elkeen het toe van dit geneem om in hulle eie huise uit te stal, wat ek vir hulle gegun het. 🙂
LikeLike
En hier sien ek kaste en kaste vol borde 😆
LikeLiked by 1 person
😝😂
LikeLiked by 1 person
Dis pragtige borde en bakke wat die kos se voorkoms bevorder. Pragtig. Ons het hier tweedehandse winkels waar baie van die ou ou breekgoed teen n klein bedraggie verkoop word. Geld gaan vir liefdadigheid.
LikeLiked by 1 person
En daai goed is eintlik so baie werd.
LikeLike
Ek weet. As ek so na die goedjies kyk wat hul so verkoop dink ek nogal dat dit iemand was wat omgegee het vir die breekgoed en nou is dit sommer hier in ‘n tweedehandse winkel. Niemand van Familie het omgegee of dalk is daar nie familie nie.
LikeLiked by 1 person
Of hulle het nie plek nie. Ek het alles elke keer saamgetrek. Mens kan net nie. Ek het al soveel goed weggegee. Mooi goed.
LikeLiked by 1 person