Reënboog

Christa nooi ons uit om reënboogfoto’s te plaas. Ook vir my is ‘n reënboog altyd kosbaar en is ek opgewonde om dit te sien. Dit ís mos ‘n direkte boodskap van God af waar Hy belowe dat Hy nooit weer die hele wêreld sal verwoes deur ‘n oorstroming nie. Elke keer wat ek ‘n reënboog sien, ervaar ek Sy nabyheid, Sy liefde. Elke keer is dit ‘n herinnering, Hy is hier by my.

En juis met dit in gedagte is hierdie foto vir my kosbaar:

Hierdie is ons kerk. Die kerk waarheen ons gaan. Ek is gedoop in hierdie kerk, het as kind hier kerk bygewoon, Pinksterbidure beleef, kategese ontvang. Is hier voorgestel as lidmaat, gebruik hier nagmaal. Is hier getroud en het een van my kinders hier gedoop. Ek is lief vir hierdie kerk en ja, dis net ‘n gebou, en God leef in my, maar dis hier waar ek aanbid, gemeenskap van gelowiges ervaar, leer van Hom, deel is van die musiekspan. Ek aanbid Hom ook op ander plekke, elke dag, in my huis, in die natuur, maar hierdie is die sentrum van my geloof.

Toortsie

14 thoughts on “Reënboog

  1. Ons het die pragtige kerk eerstehands van alle kante bewonder toe ons op 16 Desember 2017 daar in Bredasdorp moes oorstaan vir n rukkie na ons moeilikheid met die ventertjie opgetel het tussen Agulhas en Bontebok.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!