Die nommer twee opsie

Sjoe, ek moet mos nou kies tussen meer as een opsie vir die voorblad van my nuwe boek. Dit voel of ek wil verdrink! Want die een wat die meerderheid kies, roep my nie. Kan jy glo. Soos soveel maal in my lewe foeter my lyf in ‘n ander rigting! Dit maak my mal! Want hoekom werk dit altyd so?

Hierdie is die logiese opsie. Die een wat 90% kies. Dit is pragtig. Perfek. Mooi. Sag. Besonders. Dit kan dalk werk. Alles is eintlik reg aan hom.

Maar die ander een laat my tone krul. Onthou hulle die fliek, Pretville? Google dit ‘n bietjie dan kyk julle die foto’s. En veral die kleur.

Hierdie prentjie kort nog ‘n bietjie aandag. ‘n Bietjie rondskuif van woorde. Maar hy sê vir my iets. Ek het vandag die verkskillende foto’s laat druk. A5 grootte soos wat die boek gaan wees. Die donker turkoois en die rooi en die wit staan uit. Skoon, helder lyne. Sterk kleure. Jy kan dit nie miskyk nie. Hy sê: “Hey! Jy! Moenie verby loop nie! Tel my op! Vat my! Asb!”

En dit is mos die werk van die voorblad. Die enigste werk, dink ek. Om die koper te roep. Om sy aandag te trek. Dit moenie sommer net nog ‘n boek tussen ‘n klomp ander wees nie. Dit moet op ‘n 2 x 2 cm piekiekiekie uitstaan tussen al die ander op ‘n groot rekenaarskerm. Dit moet die aandag trek.

Daarom dink ek, gaan ek stroomop hierdie een kies, maar soos ek reeds gesê het, kort hy nog ‘n bietjie liefde en aandag.

Iets tussen hierdie laaste twee, dink ek.

Ek waardeer so almal se insette, want dit help my, selfs al kies ek anders.

Toortsie

29 thoughts on “Die nommer twee opsie

  1. Due onderste 2 is meer in lyn met boek 1 en 2. Die Toortsie letters kanbdalj bietjue eenvoudiger skrif wees vir makliker lees. Dit is moou si handgeskryf effek, maar bc due muddekste t en s en e oo einde lees moeilike as eenvoudiger skrif wat ook handgeskrewe moet wees. Si ook d 3

    Liked by 1 person

  2. Jou keuse van eerste voorblad gee ook vir my die gevoel dat jy gegroei het in jou resepte en voorbereiding. Groep B se fotos is vir my kaal en trek my gladnie. Dis wel meer na jou vorige boeke se voorblad maar soos ek sê daardie eerste een vertel baie meer. Ook die Toortsie 3 en dan die vraag onderaan is beslis ‘n aantrekking.

    Liked by 1 person

  3. Jou keuse van eerste voorblad gee ook vir my die gevoel dat jy gegroei het in jou resepte en voorbereiding. Groep B se fotos is vir my kaal en trek my gladnie. Dis wel meer na jou vorige boeke se voorblad maar soos ek sê daardie eerste een vertel baie meer. Ook die Toortsie 3 en dan die vraag onderaan is beslis ‘n aantrekking.

    Liked by 1 person

  4. Die pragtige eerste opsie sal net so goed werk op die voorblad van n roman, maar opsie twee is baie duidelik n kookboek – en nie sommer net nog een nie, ‘n Toortsie!!

    Ek dink die tweede een met die subtitel

    Liked by 1 person

    1. Dankie, ja. Ons dink ook so. Die matured een kan wag vir boek 10. Ek kies op die ou einde ‘n soortgelyke een soos die turkoois, maar ek staan asn die kant. Dit gee meer opsies. Dankie vir jou inset.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s