Betul Erbasi van Pointless Overtinking blog vra: ‘What if we knew the future?’ Dat dit beslis in sekere aspekte lekker sou wees as ons vooraf kon weet, dan kon ons dinge dalk anders doen. Tog dink ek dat dit ‘n goeie ding is dat ons nie altyd vooraf weet nie.
Want dit sou dalk maak dat ons nie waag nie. Nou ja, om nie te weet nie, maak dalk ook dat ons nie waag nie. Want sê nou ons het geweet van die slaggate in die pad, sou ons dalk die pad vermy het. En nie die lesse geleer het wat daar ook op daardie pad te leer was nie.
Soos hierdie hele pandemiebesigheid. As ons vooraf geweet het, wat kon ons anders doen? Wat kon ons doen om dit te verhoed? Dalk nog méér weggebly het van ander mense? Soos wat ons regtig probeer het om te doen gedurende die Desembervakansie, maar tóg by mense uitgekom het. Sou ek vir die dierbare mense wat vir ons kom hello sê het en die virus aan ons oorgedra het, gevra het om eerder weg te bly en hulle só in die gesig gevat het? Wel, nadat ons besef het dat ons siek is, hét en moes ek mense vra om eerder nie te kom kuier nie.
As ek die toekoms kon weet, sou ek dinge anders kies? Sou ek my lewe anders geleef het? Sou ek die uiters swaarkryjare wat ons soms beleef het – finansieel, ook andersins, wou vryspring? Wat sou ek anders kon doen? Ek weet nie! O, en ek het baie foute gemaak deur my lewe, sou ek dit wou uitlos? Ek weet ook nie, want weer eens, het ek dan nie die kennis en wysheid opgedoen wat ek het nie, was ek dalk dan só onuithoudbaar, arrogant, neus in die lug omdat ek nooit ‘n fout gemaak het nie.
Iemand vir wie ek baie lief is, het tydens ‘n koma ‘n besoek van die Here ontvang waarin ‘n klompie goed vir hom vertel is: Goeie én slegte dinge. Genadiglik het hy sommige van die krisisse wat hom sou oorkom, vergeet, maar toe dit gebeur, kon hy sê dat dit in sy droom was. En baie van die goed wat hy vir my genoem het, het eers ná sy dood gebeur. Die genade daaraan: As hy die sleggoed onthou het, sou hy in vrees lewe vir wanneer dit sou gebeur. Dat van die goed eers ná sy dood gebeur het, het vir my die egtheid daarvan bevestig.
Nee, ek verkies om eerder nie die toekoms te weet nie. Dit is in God se hande en ek vertrou dat Hy die beste weet.
Toortsie
Ek stem so saam met jou. Die Here Jesus self het gesê net God weet die toekoms.
LikeLiked by 1 person
Amen
LikeLike
Ek is met jou Toortsie, ek wil glad niks weet van wat voorlê nie, nie goed of sleg nie.
LikeLiked by 1 person
Die goeie is ‘n verrassing, die slegte wil ek ook nie weet nie.
LikeLike
Jip…laat slapende honde slaap. Hulle word wakker as dit tyd is. So is dit maar met ons ook. As ek vooraf geweet het wat vir my wag toe ek sestien jaar oud was, het ek dalk ‘n deegliker werk met die lemmetjie gedoen, en ‘n paar goeie dinge gemis…soos my kinders en kleinkinders.
LikeLiked by 1 person
Sjosjosjo nou praat jy groot dinge!
LikeLike