Vra jou vraag

Ek dink mos in liedjies. So hier is jou kans. Wat wil jy graag van my weet? Nie moeilike vrae oor liedjies nie, maar byvoorbeeld watter kleur my sitkamerstel is of hoeveel kinders het ek. Dan moet ek probeer om met ‘n liedjie te antwoord. Uitdaging sluit môremiddag 12 uur.

En as daar van die ander blogmaats is wat dieselfde waagmoed aan die dag wil lê, maak so.

Toortsie

29 thoughts on “Vra jou vraag

            1. Al wat sleg was toe ek nog nie ‘n kêrel gehad het nie was dat jy ‘n muurblommetjie moes wees en hoop iemand vra jou vir ‘n dans. Toe ek eers my man ontmoet het was dit heerlik.

              Like

        1. As ek moeg word vir die lewe in die stad, lok my die wandelpad
          In die veld pluk ek ‘n wandelstaf van die naaste doringboompie af en sing my wandellied
          en sing my-y wa-ndel- lied!

          O,
          Ek hou van ons bome en berge en strome …

          en

          Laat my langs die heide wandel
          waar die heideboompies groei …

          Like

            1. 🙂
              Vandag 3 en ‘n kwart uur gestap hier in ons berg agter ons dorp. 15 km.
              Nou is ek moegerig. Gaan nie môre weer die berg aandurf nie. Hopelik gaan my man fietsry.

              Like

Gesels saam, asseblief!