Uit die mond van die suigeling

San het die Goue Vroue soos volg getoets:

“Het julle al geskryf oor die kostelikste oomblik met ‘n kleinkind? Indien nie – dit kan ook ‘n oulike boek maak. Dalk ook in alfabetiese orde??? I donno. Besluit maar…”

Vanoggend het WoordNoot vir ons ‘n lieflike video gegee om na te kyk. Dit gaan oor ‘n jong meisie wat die voertuig bestuur het toe die storm begin. Sy wou die stuur oorgee vir haar pa, maar hy sê dat sy moet aanhou bestuur. Die een voertuig na die ander trek af, want die storm is erg. Hy moedig haar aan om end-uit te ry, deur die storm. Toe hulle deur die storm is, mag sy stilhou en is die les dat die ander voertuie wat eerder gestop het, steeds in die storm is. Dat jy nie moet opgee nie, maar moet volhard.

Die kleinkinders kuier by my. Hulle het vanoggend die video saam met my gekyk en boeta het die les baie ernstig opgeneem. Sy borrels is op en die nagemaakte borrels wat hulle maak, werk nie so lekker in die borrelpistool nie. Ouma wil net so ‘n rukkie op haar bed lê en belowe dat sy om 5 nm sommer baie borrels sal gaan koop.

Intussen bou die storm op. Die wind waai soos dit maar net hier by ons kan waai en dit begin reën. Ouma vra of hulle dink ek moet die reën in om die borrels te gaan koop. Die antwoord? Never give up. Onthou ouma die storm? Gaan deur die storm, moenie opgee nie!

Daar het jy dit!

Toortsie

Inlinks skakel vir al die oupa- en oumastories: https://fresh.inlinkz.com/party/2808199db9894254b848ffd032d39e8c

21 thoughts on “Uit die mond van die suigeling

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s