Winterskersfees op Rebusfontein

Die Goue Vroue kuier steeds tog te lekker om die langtafel op Rebusfontein terwyl die praatstok van die een Goue Vrou na die volgende aangeskuif word, elkeen haar beurt kry om te praat waaroor sy ookal wil. Maar dit beteken nie dat die Goues altyd tjoepstil sit en daar nie soms tussenwerpsels ook is nie, soos ek wat ‘n draaitjie wil loop, en dit op die ou end uitloop op ‘n reddingspoging nie! Soos ons mos darem noual amal weet, weet ‘n mens nooit wat volgende by die Goue Vroue gebeur nie.

Intussen het Seegogga vir ons elkeen ‘n geskenkie gepos: ‘n Skilderytjie van Blommie, Kameel se koei wat sy superbont geverf het en twee buffs, een in wit met geel gedruk en een in geel met wit Goue Vroue op gedruk. Te oulik.

Maar Christa is ook nie links nie, net daar besluit sy dat die langtafel nou behoorlik versier moet word soos vir ‘n Kersete. Ons hét dan nou almal ‘n geskenkie gekry en hoekom mag ons in Suid-Afrika nie ook ‘n winterskersfees hou nie? Natuurlik wil ek dadelik deelneem, want as daar net ‘n skrale moontlikheid van pret is, wil ek deel wees daarvan.

Sy vra my ewe wat ek gaan aantrek. Weet sy dan nie dat dit eintlik die laaste ding is waaraan ek dink nie? Maar terwyl sy vra en ek my mos darem sekerlik reg vir die geleentheid moet klee … Rooi. Ja, rooi! Want kersfees se kleure is rooi en wit en rooi helder enige winterdag op en ek hou van rooi, dit gee my oemf. Spesiaal vir Rebusfontein sal ek vir my ‘n lang rooi jas aanskaf, onthou die langtafel is op die dorpsmeent. Dis buite. Dis koud. En die Goue Vroue kuier nie vinnig nie. Ja, en ‘n langbroek en warm toppie daarby saam. En net ter wille van kersfees, ‘n lekker warm serp wat rooi en dalk groen strepies het.

Sy het nie gevra van kos nie, ek vertrou ons gaan eet. Ek bring ‘n bak Towerin Tiramisu saam.

Towerin Tiramisu – Resep in Toortsie 3, is dit nie?

Deel van die winterskersfeesuitdaging is dat ons ‘n foto moet plaas hoe ons ons buffies gebruik. Seegogga, as ek en my man in ons berg rondgalop, het ek altyd ‘n probleem met my hare in my gesig en my bril wat afsak. Dankie, jy het die antwoord!

Verskoon my asseblief, ek moet nou gaan, hier is praatstokstories en ‘n winterkersfeespartytjie wat ek moet gaan bywoon en ek moet my nog mooi maak. Julle kan mos sien dat ek nog nie my lipstiffie ophet nie.

Toortsie

20 thoughts on “Winterskersfees op Rebusfontein

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s