Veldtelevisie

Op die plaas het ons nie televisie nie. Gistermiddag toe ons sit en eet en terselfdertyd uitkyk by die groot skuifdeur terwyl die honde voor die deur beweeg, sê boet dat ons televisie kyk. Ek vra hom dat hy moet vertel wat ons sien.

Hy begin die wonderlikste storie vertel na aanleiding van wat die honde buite doen, ‘n absolute fantasie van die koninginhond Willa wat gaan vakansie hou by die see en die werkershond, Milo wat moet werk. Milo werk in sy kombuis en maak ‘n ‘potion’. Dan is daat ‘n tjieng geluid, want ‘n nuwe storie begin. Sus speel saam en las by die storie. Die nuus word in ‘n ernstige stem vertel.

Al wat ouma moet doen, is haar een honderd persent inleef in die storie en die skitterende ogies te geniet, haar honderdpersent aandag en die beloning wat sy daarvoor kry, is verbeeldingstroompies wat net aanhou vloei, ver verby waar ouma gedink het.

Die nagereg? Dat daar twee tipes katte is: Rooi katte en blou katte. Die rooies loop in die nag en die bloues in die nag!

Skielik is my idee van gekleurde skapies glad nie so vergesog nie, ek moes net al lankal veldtelevisie saam met my kleinkinders gekyk het.

Toortsie

Ns Hoekom het ek nie geweet hoe om my eie kinders se verbeelding te stimuleer nie?

Inlinks skakel vir al die oupa- en oumastories: https://fresh.inlinkz.com/party/2808199db9894254b848ffd032d39e8c

19 thoughts on “Veldtelevisie

    1. Ek vermoed ons verloor dit omdat dit nie gestimuleer word nie. Dit is hoekom ek so baie van ons Goue Vroue avontuurstories hou, dit dwing jou om dit weer nader te hark.

      Like

Gesels saam, asseblief!