Toortsie 3 Skedule (Sedert 2017):
1. Verwerk en toets van resepte, rofwerk resepte, resepte oor en nogmaals oormaak en oorskryf en tik in rekenaar. – AFGEHANDEL
2. Resepte tik op rekenaar, druk.
3. Kosmaak van gedrukte kopié, foute regmaak. – AFGEHANDEL
4. Proeflees deur koskenner. – AFGEHANDEL
5. Foto’s en weer eens resepte toets. – AFGEHANDEL.
6. Resepte waar onsekerheid is, verander en weer eens toets. – AFGEHANDEL.
7. Alle foute regstel op rekenaar. – AFGEHANDEL.
8. Foto’s merk met resepname, verseker dat elke resep ‘n foto het, elke foto ‘n naam. – AFGEHANDEL.
9. Alle ander aantekeninge, ens wat nog in die boek moet kom, skryf. – AFGEHANDEL.
10. Konsepboek ingestuur vir proeflees. – AFGEHANDEL
11. Eerste proefleesresultaat terugontvang, voorstelle deurgegaan, weer geproeflees, terug ontvang. – AFGEHANDEL.
12. Alles nog ‘n keer deurgaan en verseker dat daar nie iewers iets met ‘n hoeveelheid of bestanddeel of metode verlore gegaan het nie.
13. Teks stuur vir die uiteensetting van die boek.
14. Uiteensetting saam met haar deurgaan.
15. Boek terugkry, dit weer eens woord vir woord deurgaan om te soek vir moontlike foute wat deurgeglip het.
16. Finale boek na drukkers stuur.
17. Proefkopié ontvang, deurgaan en goedkeur.
18. Die finale druk!

My gunstelinggereg op jou foto!
LikeLiked by 1 person
mmmmm hy is regtig ‘n wenner!
LikeLike
Maak jy dit soms of het jy dit by my geëet? 😁
LikeLike
Ek het dit by jou geëet!
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Dit is BAIE werk, maar hoe wonderlik om dit uiteindelik klaar to maak en jou boek in jou hande vas te hou. Ek wens jou geluk met die bemarking daarvan.
LikeLiked by 1 person
Ja dankie. Die bemarking is ‘n saak op sy eie né.
LikeLike
Amper daar! Jy het n lang pad gekom vanvdaardie eerste boek af, ne! Geluk!
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe Seegogga. Jou aanmoediging was goud werd
LikeLike
Mag jou boek vlerke kry
LikeLiked by 1 person
Dankiedankie
LikeLike
Amper daar! Dis baie werk en so baie om aan te dink! Sterkte
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Toets nou weer oor iets waarvan ek onseker is. 😁
LikeLike
Sien uit na die boek. Is daar vegetariese resepte in?
LikeLiked by 1 person
As kaas en room vegetaries is, is daar beslis, maar vleis speel wel ‘n belangrike rol.
LikeLike
Dankie
LikeLiked by 1 person
Ek bewonder jou! Jy leef ‘n groot liefde uit. Mag die resultate lekker op jou tong lê!
LikeLiked by 1 person
Dankie San. Weet jy, die mooi daarvan is dat dit nooit my plan was nie! Kosmaak was nooit vir my sleg nie, maar ek het toe ons getroud is, besluit om eerder self te kook as die norm dat jou huishulp kook. Dis hoe dit op die plase gewerk het. Ons kon nie ‘n voltydse hulp bekostig nie en weens finansiële redes moes ek baie mooi en ekonomies werk met my bestanddele en soms planne maak as daar nie al die bestanddele in die huis was nie. Op so ‘n manier het ek dalk in ‘n rigting ontwikkel sonder dat ek dit besef het. Ek geniet dit baie.
LikeLike
Geniet dit!
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike