‘n Getjommel

Scapydo daag ons uit om te tjommel oor iets, maar ek het haar vorige uitdaging laat verbygaan terwyl ek eintlik daaroor wou skryf: Dis lekker om. Nou gaan ek die twee sommer saamgooi.

Wat ek die heeltyd wou skryf, was, dat dit lekker is om mense te ontvang by my huis. Ons huis is juis só gebou dat ons gaste kan ontvang. Ons wou dit bou dat jy die gevoel van ‘n plaashuis kon hê en soos ek geleer is, is plaashuise veronderstel om gasvrye plekke te wees. Boere val sommer net by mekaar in en kuier saam, braai ‘n vleisie. Want mense het ver gery om by jou te kom. En as die mense van ver af gery het, slaap hulle beslis oor ook. Jy gaan hulle nie na ‘n gastehuis stuur nie.

So, dus ook lekker as mense wat ek ken, die vrymoedigheid het om by ons te kom slaap. Selfs al is ons nie tuis nie. Ja, dit gebeur ook! Vriende moet iets in ons dorp kom doen, het slaapplek nodig en kom bly sommer in ons huis. Dis vir my lekker.

Maar dit is ook vir my lekker om alleentyd te hê om my eie dinge te doen, my battery te herlaai, my baie belangstellings te beboefen En noudat dit weer vlak 4 is en Covid weer maai hier in ons land en rondom ons, sal ek beslis dit respekteer en eerder isoleer en nie mense oornooi na my huis nie, selfs al is dit vir my so lekker om dit te doen. Want dit is vir my lekker om te weet dat my mense gesond is en dat hulle nie by my siek geword het of vir my siek gemaak het nie.

Dit is vir my lekker om kerk by te woon, om deel te wees van ons gemeentedinge, om gemeenskap van gelowiges te ervaar, om saam opgewonde te wees oor die wonderlike dinge wat God doen, om saam hartseer te wees oor dinge wat skeef loop. Die gemeentesang is vir my heerlik, of ek net saamsing as gemeentelid, of deel is van die orkes.

Dit is vir my lekker om aan Scrapy se bloguitdagings deel te neem. Dit dwing my soms om buite die boks te dink en in die proses ontwikkel my skryfwerk hopelik daarmee saam.

Mooi loop. Bly asseblief gesond.

Toortsie

10 thoughts on “‘n Getjommel

  1. Baie dankie dat jy geskryf het. Dis vir my ook lekker om te weet dat dit vir jou lekker is om saam te skryf. Dit verbeter beslis mens se skryfwerk om aan te hou en te skryf. Veral in hierdie tye van opsluiting is daar geleentheid om bietjie te kan dink en dan te skryf. Die egte boere gasvryheid is werklik wonderlik om te beleef. Daars net een plek waar dit werk en dis in Suid Afrika.

    Liked by 1 person

    1. Ek moet jou darem sê dat ek boere ontmoet het in Denemarke, omtrent 20 verskillende boere en in Australië en in Amerika en Skotland en Zimbabwe. In die meeste gevalle was ons besonder gasvry ontvang. My gevolgtrekking is nogal dat boere boere is, ongeag waar hulle woon. Ek dink dat die gemene deler die konneksie met grond en die totale afhanklikheid van die natuur.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s