The Pointless Overthinking Blog ask:
Are you a creative person? If so, what do you do? Do you blog, paint, compose music, philosophize, or have some other creative pursuit?
I’m going to answer in Afrikaans, my home language and I’m sure that Google Translate can help you with the translation, because I’m so much more comfortable to write in my home language.
Ja, ek dink beslis dat ek ‘n kreatiewe persoon is. Vir soveel jare het ek my kreatiwiteit onderdruk. Ek het selfs nie in kreatiwiteit studeer nie, maar in die harde wêreld van Handel en Nywerheid. Tog is dit iets waaroor ek geensins spyt is nie. Maar altyd het die kreatiewe sy my geroep, gevra om aandag.
Soos op universiteit het ek by ‘n B Mus vriendin klavier geneem en al die jare daarná het ek, wanneer die tyd en finansies my toegelaat het om ‘n paar rand af te knyp, weer klavier, kitaar en selfs ‘n bietjie blokfluit te neem. En les te gee vir kinders. En vroeër jare kore te begelei, iets wat ek later so opgemors het oor verhoogvrees, bloot omdat ek dit nie meer genoeg gedoen het nie. Ek leef steeds my musiekliefde uit deur die graagste sommer by myself vir die Here te sit en speel en dis dán wat ek kreatief raak in my spel, daar waar niemand anders luister nie.
Toe my kinders nog klein was, het ek baie klere gemaak om hulle lyfies toe te hou. Vandag geniet ek brei, hekel en borduur baie, maar wil altyd een of ander kreatiewe klip in die bos gooi, iets wat die ander mense nie altyd verstaan nie. Dit kan selfs konflik in my hart bring tussen die gehoorsame ek wat die reëls moet volg en die kreatiewe ek wat al vir jare skree om uit te kom. Juis, tydens so ‘n konfliktyd, beland ek in ‘n eetplek waar al die prente teen die mure deur kreatiewe persone gedoen is en ryklik met kleur gespeel het … en ek besef … ek is dalk nie heeltemal so verkeerd nie.
Kleur doen iets aan my. Dit laat my lewe, dit stimuleer my. Net soos klank. Ek reageer op klank. Ek het byvoorbeeld houtvloere bó die moderne vloerbedekkings verkies omdat ek van die klank van hout hou.
Ek is ook kreatief deur te skryf op my blog en om kleurvolle resepteboeke te publiseer. Deur kreatief te wees, deur my eie kreatiwiteit toe te laat om tot uiting te kom, gee vir my lewe, laat die bloed in my are bruis. En ek hou nie van bietjies kleur nie, ek hou van overdaad. Want MORE IS MORE.
En, alhoewel ek aan kompetisies deelneem, is die groot vraag nie of ek die prys gewen het nie, natuurlik is dit lekker as ‘n mens wen, maar of ek getrou aan my hart en myself was en of ek dit geniet het. Dís wat my hart laat klop. Het ek dit geniet? Was dit lekker om te doen? Stimulerend?
Toortsie
Sorry. I’ve have to post my comment in English. Thanks for reposting this. If you’re new to Pointless Overthinking, why not have a deeper look into the site. For example, I’ve published more than a hundred pieces there, most of them shortish blogs on psychological and philosophical subjects. I’m looking forward to looking around at your site.
LikeLiked by 1 person
You’re more than welcome to comment in English. 😁 Was the translation understandable?
LikeLike
Toortsie, ek dink ons kreatiwiteit word somtyds van kleinsaf uitgestamp deur ouers of onderwysers wat die reëls wil volg. Ek hou ook baie van kleure, maar kan nie verf of teken nie; ek hou van sing, maar het nie ‘n mooi stem nie; oor die jare besef ek my kreatiwiteit kan ‘n uit kry deur om stories te skryf en deur hardop lees. Gisteraand, byvoorbeeld, het ek aan ‘n groep lesing van ‘King Lear’ deelgeneem: dit was so lekker om my stem te gebruik on die Duke of Albany te laat lewe!
LikeLiked by 2 people
Jy praat die waarheid. Soms reageer ‘n ouer ook niksbedoelende só dat die kind ontmoedig word. Jou King Lear klink baie interessant.
LikeLiked by 1 person
Wens ek kon hoor.
LikeLiked by 1 person
Jy praat so na my hart. Ek is ook maar altyd voorgesê: jy sing vals, jy teken nie so goed soos ousus nie en dan daardie innerlike self wat net geen selfvertroue het nie. Gelukkig het ek op my eie my vlerke gespry/ei en nuwe velde ontdek. Vir my gaan dit ook of ek dit geniet en nie ek wil die beste wees nie. Ek het ook verhoog vrees, toe ek my stukkie orrel moes speel met ons afsluiting het ek geweier want my vingers het gebewe. Dit nogal vir ‘n juffrou wat sommer ‘n speech kan lewer aan hele skool. Was net te veel. Jy is regtig ‘n goeie voorbeeld van kreatief wees en dit geniet ook.
LikeLiked by 2 people
Jy is baie kreatief, ek geniet jou kuns baie.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou mooi woorde. Waardeer dit baie.
LikeLiked by 2 people
Baie dankie. Jong, ek twyfel naklik in myself en verval terug in ou gewoontes. Ek weet noual dat die ander persoon nie my prentjie in sy kop sien nie en dat ek my nie daaraan moet steur nie, maar dis moeilik.
LikeLike
Stem saam, mens sien altyd die ander persoon se hoe en waar terwyl dit eintlik jou eie is en niks met hul te doen het as dit by die eind resultaat kom nie.
LikeLiked by 1 person
Jy is inderdaad ‘n kreatiewe mens.
LikeLiked by 1 person
Dankie Christa. Jy ook. ☺️
LikeLiked by 1 person
Ons is gemaak om te skep. Die planne wat ons maak as ons skep, boei ons en maak ons gelukkig. Kreatiewe mense is tevrede en geniet die uitdagings qat ‘n skepping bowd.
LikeLiked by 1 person
Net so! 😁
LikeLike
Ek bedoel: kreatiewe mense geniet die uitdagings wat ‘n skepping bied.
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Is ek ook? Ek hou van kuns maak, musiekmaak, , toneelspeel, sing, skryf…. maar ek is ook gesê ek sing vsks, kuns en drama is nie ‘n goeie beroep nie, en wou ek nou werklik musieklesse gee? Ek speel egter baie sommer my eie impromptu komposisies, wat dalk vir niemand mooi is nie, maar wat ek geniet om te doen, ek het darem sl n eie kinderaktiwiteitsboekie geteken en geskryf, ek sou n boekvoorlesing kon doen as iemand my sou vra….
LikeLiked by 1 person
Seegogga? Mmmmmmm laat ek ‘n bietjie dink. Uhmmmm. Inmmmmm. Soos daai tannie wat die birduurkursus aangebied het gesê het … lyk my hier loop die kreatiwiteit dik! Hoe op AARDE kan jy nog wonder? 🙈🤪😂
LikeLike
Die ding is ek het nog nooit so aan myself gedink nie. Mense het dikwels al gesê ek is eksentriek. En dan dink ek: hê? Ek dink ek is baie gewoon. Selfde met kreatiwiteit.
LikeLiked by 1 person
Dis die ander ouens wat anders dink, nou word ons allerhande name genoem: eksentriek, komieklik, verstrooid. Niks daarvan is waar nie, ons tree dalk net anders op. Maar kreatief? Jy is beslis en dis WONDERLiK en jy het die gawe om ander hulle kreatiwiteit te laat uitleef sonder om jou idees op ander te druk.
LikeLike
Is almal nie maar kreatief nie?
LikeLiked by 1 person
Ek dink so, elkeen op sy eie manier.
LikeLiked by 1 person