Vir ‘n dag of twee, of selfs drie as ek wil, mag ek slaap wanneer ek wil en wakker wees wanneer ek wil, borduur wanneer ek wil, brei wanneer ek wil, in my bidboek skryf wanneer ek wil, met God verkeer wanneer ek wil. Mag ek in die Karoo sonnetjie sit wanneer ek wil en gaan stap met my honde wanneer ek wil. Saam met my man op die plaas ry wanneer ek wil. Dinge stadig doen wanneer ek wil. Of vinnig, maar net as ek regtig wil. In blogland dwaal en na Facebook staar wanneer ek wil.
Sonder om aan iemand te verduidelik of te moet wys wat ek uitgerig het of sleg te voel omdat daar niks is om te wys nie.
Want ek het dit vir myself belowe. En as ‘n mens ‘n belofte aan jouself (en ander) maak, moet jy dit nakom. Veral ‘n belofte soos hierdie een. Want jouself onthou en as jy keer op keer nie die belofte aan jouself nakom nie, glo jouself later nie meer vir jou nie … en dís wanneer die pawpaw dan die fan strike. Daai dag wat jouself besluit dat jy al wéér met ‘n wolhaarstorie besig is. En wanneer jouself handdoek ingooi wanneer hy nie moet nie. Wanneer jouself staak terwyl jy wil hê hy moet ‘perform’. Ja, vir ‘n dag of twee meng ek sommer my tale ook omdat ek nie nou lus het om die regte Afrikaanse woord uit te dink nie. Dit sal ek weer anderdag doen.
Dít het ek daardie dae geleer toe ek by Amway was en die International Dreambuilders Assosiation se boeke en kasette wat onophoudelik aanhou kom het en gevoel het of ek soms versmoor tussen al die kasette, het kasette een of twee esse? Kassette? Kasette? Lyk dan nou of dit eerder twee esse moet hê. Nee, ek weet nie. Maar in elk geval, hulle het ons geleer dat ons onsself maar mag druk, maar dat ons onsself ook moet beloon as ons bereik het wat ons moes.
Dus, terwyl dit hierdie hele maand ekstra rof was met alles wat moes gebeur, ook die onbeplande, ook die ekstra hooi wat ek self op my gelaai het, het ek reikhalsend uitgesien na hierdie twee of drie dae van doen wat ek wil wanneer ek wil. Want onthou, ook naweke is rof. Want ek is mos ‘n koshuiskind wat naweke huis toe gaan, maar by die huis is ek die mamma wat moet sorg en by die koshuis is ek die koshuistannie ook.
So, hierdie paar daggies … mmmmmmm … julle wil tog nie ‘n uitgebrande Toorts hê nie, of hoe?
Toortsie
Om Uitbranding te verhoed is dit nodig dat ‘n mens jouself dit gun om ook af te skakel. Jy mág jouself druk tot anderkant Daantjie in die kalwerhok, maar jy móét jouself ook die kans gun om die batterye weer te laai.
Mooi man, jy is dit aan jouself verskuldig. Jy mag beslis my tyd he en geniet. Mooi loop ou Toortsie sodat jou liggie kan aanhou skyn as die battery weer gelaai is. Hope liefde vir jou.
LikeLiked by 1 person
Ag my ondersteunermaatjie. 🙂 Dankie
LikeLiked by 1 person
Hou van jou hardangerwerk!
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek sal dit nog graag wil doen in die toekoms.
LikeLiked by 1 person
Bederf jouself, Toortsie. Jy verdien dit
LikeLiked by 1 person
Dankie. Eintlik verdien almal dit. ❤️
LikeLike
Lekker rus. Jy verdien dit.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike
Beste raad wat ek in n lang tyd gehoor het…..ek vat deesdae sommer die hele aand na agt net vir myself……
LikeLiked by 1 person
Jy mag.
LikeLike
Hierdie woorde is wat ek graag uit jou mond wil hoor, dat jy bietjie wil rus, dit stadiger wil vat.
LikeLiked by 1 person
Vir 2 dae 🙈😁
LikeLike
Rus lekker Toortsie! Jy verdien dit!
LikeLiked by 1 person
Dankie ❤️
LikeLike
Geniet die vreedsaamheid van die Karoo, drink die stilte in en wees rustig. Sit met langbene in die son, met ń pot tee en wees net.
LikeLiked by 1 person
❤️ dankie liewe Trommeltjies
LikeLike
My sêding is, jy moet jou byl skerpmaak. Ek stem saam met jou
LikeLiked by 1 person
Ek hou van jou sêding. Dis baie mooi.
LikeLike
Jy stel ‘n goeie voorbeeld. Hou sommer ‘n week aan met die gesindheid. En ja, hoekom moet ons altyd wys wat ons gedoen het? Dink, bedink, uitsorteer, weer my koers uitwerk en teen ‘n ander pas is tog ook belangrik?
LikeLike