Dis wat Scrapydo vra: Waarvan hou jy meer? En toe ek haar bloginskrywing verlede Maandag gelees het, het die woorde sommer so deur my kop gehardloop. Maar die week het ook deur my hande gehardloop en binnekort sit sy die nuwe uitdaging op en hierdie een staan nog wees.
Waarvan hou ek meer? Ek hou baie van klavier speel, maar ek hou meer daarvan om lekker uit volle bors by die huis te speel of om deel van die orkes te wees of die kerk se sang begelei as om ‘n solo te speel terwyl ander vir my sit en luister of om iemand wat solo sing, te begelei. Ek wil nie iemand anders in die skande steek as ek ‘n fout maak nie
Ek hou daarvan om verskeie kreatiewe dinge te doen, maar ek hou meer daarvan om te brei of te hekel as om tuin te maak. Eintlik is ek nie ‘n tuinier nie. Glad nie.
Ek hou baie meer daarvan om in die berg te stap as in winkels, meer van die platteland as van die stad.
Ek hou meer van mense as van diere. Ek hou meer van natuurlike, onopgesmukte mense as van mense wat ‘n verhewendheidjie aan hulle het. Meer van mense wat die lewe in sy volheid en in sy eenvoud geniet, mense wat die lewe gryp. Baie meer van opregte mense wat ek kan vertrou in wat hulle sê en doen in plaas daarvan om te wonder wat hulle éíntlik bedoel. Ek hou meer van ietwat informeel as formeel omdat ek tog te maklik ONformeel optree.
Ek hou baie meer van blogs lees as koerant. Om die waarheid te sê, ek lees glad nie koerant nie.
Toortsie
Sien jy nou, amper tweeling!
LikeLiked by 1 person
Voel jy ook so? 😁
LikeLike
Beslis!
LikeLiked by 1 person
Ons verskil nogal meer as wat ek gedink het. Ek hou meer van my tuin as van kosmaak, meer van (my) diere as van (ander) mense, en nog so paar dinegetjies. Ek bak en brou, maar sal dit nie doen nie as ek nie hoef nie.
LikeLiked by 1 person
Gelukkig het ons baie raakpunte. Ek het van diere en mense in die algemeen gepraat. 😁 is darem vaie lief vir my diere, maar beslis ook daar liewer vir my mensekinders. ❤️
LikeLiked by 1 person
Hmmmm, ek stem hartlik met jou saam. Ek is baie lief vir my diere, maar beslis liewer vir my mensekinders. Ek het die my en ander ingesit om nie te veel te veralgemeen nie. Ek is beslis liewer vir mense as vir diere in die algemeen.
LikeLiked by 1 person
😁😎
LikeLiked by 1 person
Klink baie bekend behalwe van die klavier en singery. Daar is al aan my genoem dat ek meer vir my diere omgee as vir hulle. Dit kan dalk so lyk maar ek voel meer op my gemak saam met my diere as mense. Dit was my man wat dit genoem het en so ruk terug het my seun dit ook genoem. Raak my nogal diep as hul so praat. Is maar my manier. Dankie vir jou skryf. Ek het toe nie lus vir skryf gehad vandag nie.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam, behalwe ek sal die musiek op die orrel laat klink soos n solo uitvoering en ek looooooooove begeleiding
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike