Scrapydo daag ons uit om oor terugflitse te skryf. Sy vra spesifiek watter boek ons gelees het wat ons aan iets herinner. Ek dink om dit dalk uit ‘n ander hoek te benader, want op hierdie oomblik kan ek nie aan ‘n spesifieke boek dink nie. Eintlik, elke boek wat ek lees maak tog op een of ander manier iets wakker ten opsigte van jou huidige omstandighede of anders iets wat jy onthou.
Onder andere skryf sy dat ek en Kameel die oudste blogvriendinne was wat sy gemaak het. Wat ‘n eer! Maar dadelik bring dit die terugflits in my kop dat ek en Kameel op ‘n stadium ‘n blog saam bedryf het. Dat Kameel saam met my geskryf het en dat dit baie lekker was, maar toe sy die dag bel om te sê dat sy haar eie blog wil begin, was dit ook goed en het ek dit vir haar gegun.
Terugflitse is die een ding waarmee ons werk by TPM (Transformation Prayer Ministry). Dit is die ding wat ons by die wortel van die probleem uitbring. Want nou se krisis is gewoonlik mos nie regtig nou se krisis nie. Ons vra die kliënt om te fokus op die gevoel wat hy het en sy brein onthou dan onmiddellik die ander kere wat hy net so gevoel het. Ongelooflik! Dit is soos as jy by ‘n winkel verbystap en skielik aan iemand anders dink omdat jy vir ‘n oomblik iets gesien het wat daardie gedagte wakker gemaak het.
Nou die dag was ek baie gefrustreerd en ek het behoorlik my speelgoed uit die bababed gegooi. Daardie aand, lank na slaaptyd, lê ek en wonder: Hoekom het ek so oorreageer? Die frustrasie was dat daar dinge is wat gedoen moet word, maar net nie gedoen word nie.
Ek fokus op die gevoel en die terugflits kom: Toe ek in standerd twee in die koshuis was, was die klavier in ‘n klein sitkamertjie wat ook die juffrouens se sitkamer was. Wie se briljante idee sou dit wees? Daar is duidelik vir ons gesê: As die rooster sê jou oefentyd is Dinsdae om 4 nm, sal jy daardie tyd oefen. Daar aangekom op my bestemde oefentyd, sit die juffrou en haar kêrel daar. Wat moet ek nou doen? So ek oefen maar. Juffrou en kêrel loop uit. Ek voel simpel. Oorbodig.
Die volgende dag is die klavier geskuif na die eetsaal/studiesaal. So as ek wou/moes oefen, was daar gewoonlik ‘n ander klomp raasbekkies ook. Of ons moes in die kleinsaal gaan oefen, met ‘n nog groter klomp kekkelbekkies in die vertrek. Later jare toe ek meer gevorderde goed gespeel het wat soms Sforzando was, was dit die koshuisvader se onaangename taak om te kom sê dat ek te hard speel. Oorbodig. (Frustrasie: Ek moet oefen, dit moet gedoen word, maar word dit nie behoorlik gegun nie.)
En toe sê God vir my dat as ek vir Hom speel, dit nooit oorbodig is nie.
En hy vervang die leuen van ‘jy is oorbodig’ na die waarheid van ‘jy is welkom.’
Terugflitse is nie daar om jou te ontstel nie. Dis juis daar sodat jy die leuen wat jy vir jare met jou saamdra, kan vervang met Sy waarheid wat vrymaak.
Groete
Toortsie
Die vermetelheid vd koshuisvader! Gelukkig weet jou nou waaroor dit gaan. Liefde vir jou.
LikeLiked by 1 person
Ja, daar moes eintlik ‘n musiekkamer wees, maar die koshuis was oorvol van kinders. Vandag besef ek dat, net soos daar studietye en ‘n studiesaal was en daar plek was wat die kinders hulle sport ongehinderd kon oefen en beoefen, ons musiekkinders die kans gegun moes wees om dit ongehinderd te kon oefen. Dit was tog immers iets wat ons skool aangebied het.
My lewe lank dink ek dat ek okay gedoen het en gesukkel het om op my studies te konsentreer, terwyl ek nooit die kans gegun was om dit wat my regtige liefde was, na behore te beoefen in skooltyd nie. Die musiek het altyd die agterspeen gesuig.
Maar wat, dis okay.
LikeLiked by 1 person
Gelukkig kan jou nou jou musiek geniet. Dut suig naturlik nog steeds aan due agterspeen, ne! Alle kinders behoort die kans gegun te word om n musiekinstrument te bespeel en musiek te lees.
LikeLiked by 1 person
Ja nou laat ek dit ook toe dat dit die agterspeen suig.
LikeLike
Nee! Maar ek doen dit ook. Speel net as ek tyd het. Ek wil my hele lewe nog finaal doen en speel al jare met d gedagte, mssr geld en tyd ontbreek sltyd. Wie sou jy aanbeveel as leermeester?
LikeLiked by 1 person
Ek het mos later in my lewe finaal gespeel. Wie ek kan aanbeveel? Oulike juffrou in Wellington. Jy doen zoom lesse en as jy daar gaan kuier doen jy sommer les ook.
LikeLike
Oh my word ek is so verries, sy sal vir my lag en danbweet as dk nooit sover kom om te speel nie! Maar dis iets om ernstg aan te dink. Dan kom ons dalk meer in Wellington.
LikeLike
Marlene Vermeulen dalk?
LikeLike
Rk het besluut om eers self oo te oefen en as ek dink ek is ok, te begin lez neem, as ek dan steed so vorl. 1 uur per dag
LikeLiked by 1 person
Een uur per dag? Wow!
LikeLike
Dis d ideaal….
LikeLiked by 1 person
Ja die probleem is dat jy by Gr 5 rond weer moet begin oefen.
LikeLike
Ja dis presies wat ek ook gedink het
LikeLiked by 1 person
Ekvind ook dat my hande styf geraak het
LikeLike
Speek Toortsie, speel! Klassiek ook.
LikeLiked by 1 person
Sulkel deesdae met klassiek. 🙈
LikeLike
Ware woorde.
LikeLiked by 1 person
En so by the way, jy was ook my eerste blogvriendin, saam met Hester. Jy was op 13 September 2017 die eerste persoon wat by ‘n skrywe van my op die hou van knoppie geklik het. En toe skryf jy: “Dankie. Baie insiggewend.”
LikeLiked by 1 person
Ek snuffel julle uit! Dat jy nog kan onthou, is ook indrukwekkend. My eerste mense was Herriemerrie, oftewel Zena Fobia en Olga van Olga se Okseltjies en Pasie
LikeLiked by 1 person
Glad nie, ek het teruggegaan tot waar die eerste mens die eerste keer kommentaar gelewer het …
LikeLiked by 1 person
Jy is sowaar oulik.
LikeLiked by 1 person
Lol, Toortsie, dankie, ek dink eerder prakties as oulik …
LikeLike
En Toortsie was natuurlik beslis my eerste. Sy het my leer blog!
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLike
Kry nie plek om kommentaar te lewer nie… bly sê “teken my in.” Dis interessant Toorts… sal vanaand bietjie lê en dink.
LikeLiked by 1 person
Nou wonder ek hoe hoerdie kommentaar gebeur het? 🤓
LikeLiked by 1 person
Kon by ander se kommentare antwoord… maar moes inteken om self kommentaar te lewer. Weereens een van daardie kopkrap oomblikke.
LikeLiked by 1 person
Vreemd
LikeLike
Nou is ek eweskielik ingeteken. Lyk soos kulkuns 😊
LikeLiked by 1 person
Met Toortsie is selfs kulkuns moontlik.
LikeLiked by 1 person
Jip…. by Toorts is niks onmoontlik nie. ❤
LikeLiked by 1 person
Jy het dit nou beslis baie goed gestel. Dit is beter om terug te flits en dan die goeie uitkoms te vertroetel nie die slegte of hartseer een nie. Daardie koshuis oefeninge klink so bekend. Die rugby het altyd al die aandag gekry of sport dan is dit soos jy sê die musiek was nie belangrik genoeg om behoorlik voorsiening voor te maak nie. Dis eintlik sleg as mens so daaraan dink. Ek onthou ook dat jy en Kameel eers saam met Bokbaaivygie was. Nooit Bokbaaivygie ontmoet nie.
LikeLiked by 1 person
Bokbaaivygie het kort en min geskryf.
LikeLike
Sy het min geskryf.
LikeLiked by 1 person
Ja, die skrywery het net te veel tyd geneem.
LikeLiked by 1 person
Hulle voel: Hoekom wil die musiekmense altyd spesiale asndag hê? So ek het my dogter geleer dat ons nie vir ons musiek baklei nie, dit haal die lekker weg. Onder die radar waar niemand van weet en dit niemand pla nie, het onas ons voluit geniet en maniere gekry om uiting te gee aan ons liefde. Sy het ook daardeur geleer dat jy moet leer om jou eie ding te doen en nie afhanklik met wees van ‘n ander se ‘moontlik maak van jou droom nie.’
LikeLike
Presies. Dis goed jy het jou dogter gewys om haar uit te leef soos sy daarvan hou en nie soos wie ook al in beheer wil wees nie. Ek sien haar klere storie gaan goed aan. Dit wys net wat gedoen kan word.
LikeLiked by 1 person
Ja sy geniet haarself. Sy is besig.
LikeLiked by 1 person
Ek onthou daai dae in die koshuis so goed. En almal wat kin klavierspeel. Alida kon ook lekker liedjies speel maar sy was nie goed met bladmusiek nie
LikeLiked by 1 person
Ja ek onthou.
LikeLike
Niemand kon die Entertainer soos jy speel nie.
LikeLike
🤗
LikeLiked by 1 person