Hoor wie praat!
Die vriendin wat my raad gee met my borduurwerk, vra my nou die dag of ek net met een hand borduur of met albei hande. Ja, ‘n mens gebruik natuurlik twee hande, hoe kan jy net met een hand borduur? Maar as jy jou borduurwerk op ‘n borduurraam het en die een hand hou die werk vas, dan werk jou ander hand hom dood, want dan is hy bo die borduurwerk om die naald van bo af te steek en dan weer onder om dit van onder af te steek en tussendeur word hy soos ‘n mal ding van bo na onder heen en weer geswaai.
Nou is ek besig om te leer om met twee hande te borduur. Of nee wag, eintlik is ek nog net besig om die lap te ryg in blokkies van tien, oor twee drade, dus elke twintig drade word die hele lap geryg. Swak hand steek die naald van bo af, sterk hand van onder af. Ek begin dit al hoe makliker regkry, en ja, ek dink nogal ek gebruik minder tyd én energie.
Ek sien baie mense brei nog soos ek toe ek geleer brei het, met die een hand wat die breiwerk vashou terwyl die ander hand die draad elke keer om die punt van die naald haak. Geweldig baie energie en tyd word so vermors. Dis onprakties en ongemaklik terwyl dit eintlik so maklik is om as jy die idee van breiwerk bemeester het, die draad net met jou vinger te haak.
Dieselfde met hekelwerk. Nou die dag moes ek een of ander hekeltegniek google. Ek het amper seesiek gekry net deur die hekelpen dop te hou. Waar die persoon geleer het om só te hekel, weet ek nie, maar dis regtig vreemd. Behalwe dat sy die hekelpen en die wol vreemd vashou, moet sy elke keer die pen op ‘n ongemaklike manier rol om die wol gehaak te kry. Dis of sy elke keer ‘n ekstra aksie doen om een steek te maak. En dit wil my lyk dat sy ‘n gereelde hekelles gee op die internet dat ek nou wonder hoeveel ander mense doen nou ook hierdie rol-aksie as hulle hekel? Genade, hulle arms en skouers sal dit nie hou nie.
En in die ou dae toe ons nog gesakkiesakkie het, onthou julle hoeveel mense water gepomp het met die lang arm? Baaaie energie.
Een Sondag in ‘n ander kerk hou ek die kitaarspeler dop. Hy hardloop omtrent ‘n marathon met elke liedjie. Hy moet fiks wees, sowaar!
Nou ja, van my wat ‘all over the place’ is, met my hele lyf praat en die kop wat skud en die arms en hande wat saampraat … die besadigde spreker sal seker moeg raak en dink dat ék onnodig energie vermors!
Toortsie
Jy jou jouself baie besig en dit is goed.
LikeLiked by 1 person
😜
LikeLike
My linkerhand help ook baie my regterhand. Borduur met beide, brei met een vinger.. Ek skryf selfs met tye met my linkerhand. Eet met regterhand en doen sudoko met ander hand. Dis baie goed vir brein om so bedreiwig te wees.
LikeLiked by 2 people
Ek is maar erg linkshandig en moet regtig my brein aanleer om iets andersom te doen.
LikeLike
Ek het selfs later jare op die skryfbord ook met linkerhand begin en aangegaan met regterhand as ek haastig is en daar baie kinders in klas is. Mens moet dit maar gedurig oefen ook.
LikeLiked by 1 person
Ek het ook onderwysers gehad wat met altwee hande kon skryf op die bord. Ek het nooit probeer nie.
LikeLike
Dis nogal bevrydend om dit te doen. Jy kan dan sommer die kinders ook van alle kante dophou terwyl jy besig is haha.
LikeLiked by 1 person
Tog speel ek klavier met beide hande, speel regsom kitaar, wat ek dink dalk my strem met ritme.
LikeLike
Dis ook waar, mens tik ook met beide hande as jy regtig ‘n tikster is. Jy het dit so aangeleer.
LikeLiked by 1 person
Ja en ek kan nogal goed tik. Is baie goed vingervaardig.
LikeLike
Ek het nooit op skool tik gehad omdat ek mos verder moes gaan studeer. Derde taal en/wiskunde was die inding.
LikeLiked by 1 person
Ons moes kies tussen skeinat en tik. Kan jy glo? Toe kies ek tik.
LikeLike
Dis nou ‘n vreemde keuse. skeinat vir Universiteit of tik vir net ‘n diploma of so iets.
LikeLiked by 1 person
Klein skool.
Afr en Eng
Biologie verpligtend
Wisk ofGesk
Skeinat, houtwerk of tik
Rekeningkunde, naaldwerk of Duits
So kon jy darem ‘n redelike vakkeuse doen en genoeg vakke hê om Universiteit toe te gaan.
LikeLike
Ons kon kies tussen Duits/Latyn, Wisk en Wetenskap. Dan het jy A-baan gehad vir universiteit. Kannie onthou of ons regtig al handelvakke gehad het nie want ons skool het pas begin en nie alle vakke is aangebied nie. Was vir drie jaar seniors gewees omdat skool met st 8 begin het en elke jaar n volgende jaar.
LikeLike
Vir universiteitstoelating moes jy minstens 3 vakke op hoër graad gehad het. Hierdie groepering het dit moontlik gemaak.
LikeLike
Is so. Ek het nog Gesk, Huishoudkunde, biologie ook op hoërgraad gehad.
LikeLiked by 1 person
Enigste ding waar ek die twee hande werk bemeester het is met verf, as die regter moeg raak gazn die linker azn. Moet sê ek het my ook al verstom aan ander se brei en hekel tegnieke. Vreemd.
LikeLiked by 1 person
Met twee hande verf! Ekkan dit nie eersregkry met een hand alleen nie! Ek bewonder jou.
LikeLike
Praat nou van mure verf, nie skilder nie😀
LikeLiked by 1 person
Ek sal selfs dit nie waag nie.
LikeLike
Dit is nogal terapeuties om te verf.
LikeLiked by 1 person
Ek hekel. En brei. 😁
LikeLike
Sal dit moet begin probeer, dalk net eers met die rekenaar muis in die linkerhand!
LikeLiked by 1 person
Nee wat. Muis bly regs.
LikeLike
Met dié dat my regterduim uit aksie is probeer ek dinge met linkerhand. Sukkel maar goed. Besef nou eers hoe hard ‘n mens se duim werk. Van jou skrywe lei ek darem af dat ek energieloos brei…. 🤔
LikeLiked by 1 person
Of sonder te veel energie. Dalk gee brei jou juis energie en tap dit nie jou energie nie. 😁
LikeLike