Oeee, vandag gooi Toortsie haarself in die bynes, maar dan is dit nou maar so. Boeke is nie heilig nie. Daar het ek dit gesê. Ja! Boeke is nie heilig nie.
Die rede hoekom ek dit sê, is dat ek soms die gevoel kry dat mense so dink. Dat boeke heilig is.
Natuurlik moet ‘n mens ‘n boek met respek behandel. Dis vir niemand lekker om ‘n boek te lees wat soos ‘n ou weggooiding lyk met blaaie wat omkrul nie. Ja, die skrywer hét hard gewerk daaraan. Maar dit maak nie boeke heilig nie.
Ná my mening is daar net een Persoon wat heilig is, en Sy naam is God. Die Drie-enige God. Vader, Seun en Heilige Gees. En daar is, na my mening slegs een boek wat heilig is, en dit is die Bybel. Maar ek aanbid steeds nie die Bybel nie, selfs al is ek geweldig lief vir my Bybel en selfs al is dit vir my heerlik om tyd met my Bybel te spandeer. Ek aanbid vir God self. Die Bybel is deel van die manier wat ek Hom aanbid, deur in Sy Woord te lees en te bid.
Mense kan soms stuipe kry as iemand iets vreemds met ‘n boek aanvang. Asof dit heilig is. Maar, dit is nie. Want as ons boeke heilig maak, maak ons van dit ‘n afgod. En dit mag ons nie doen nie! Ons mag van niks ‘n god maak nie, behalwe van God, die God van die hemel.
Kyk, ek heg natuurlik baie waarde aan ‘n klavier en moet waak dat ek nie van ‘n klavier ‘n afgod maak nie. ‘n Klavier wil mooi behandel word. Wil graag teen ‘n binnemuur staan. Hou nie van vog nie. Ook nie van muise en motte nie. Hy wil graag gereeld gestem word om sy beste klank voort te bring. Daarom hou ek nie daarvan dat iemand van ‘n klavier ‘n wynbottelhouer maak nie, soos hierdie een:

Net so met boeke. As iemand ‘n boek gekoop het waaraan ‘n skrywer regtig hard gewerk het, en hy hanteer daardie boek dalk nie so mooi nie, gaan hy nie in die hel beland as gevolg daarvan nie. Net soos die eienaar van hierdie klavier ook nie in die hel sal beland omdat hulle ‘n wynhouer van die klavier gemaak het nie.
As iemand een van my Toortsieboeke gekoop het en hulle gebruik dit nie meer nie of hulle hou nie regtig daarvan nie of wat die storie nou werklik is en hulle besluit om dit in die drom te gooi, of weg te gee, of as ‘n potplantstaander te gebruik of zolle rol daarmee en dit rook, is dit fine met my. Ek gaan dalk nie regtig daarvan hou om dit te sien nie, maar wat, dis okay.
Want my boeke is beslis nie heilig nie. Dit is net boeke! En ja, ek hét hard gewerk daaraan en die geld wat ek daarvoor kry, is maar net vir my direkte koste soos die drukkoste, die proefleser, die stileerder, ens. Ek kry nie regtig geld vir my eie werk nie, maar dit is ook okay. Die positiewe terugvoer wat ek kry is vir my genoeg beloning. Maar my boeke is nie heilig nie en ek hoop nie dat íémand dit ooit heilig verklaar nie. En dít maak nie my boeke waardeloos of minder werd nie, hoor! Geensins nie.
Liewe leser, as jy jou boeke wil verheilig, is dit jou saak en jy mag dit met liefde doen. Maar ek gaan dit nie doen nie.
Toortsie
Ek lees baie graag boeke in die bad….
LikeLiked by 1 person
Maar ‘n mens mág in die bad lees. 😁
LikeLiked by 1 person
Behalwe as jy ook daar aan die slaap raak, met katastrofiese gevolge.( vra my, ek weet)
LikeLiked by 1 person
Dan rak die heilige boek nat!
LikeLike
Soos in sopnat. Ek moes n paar biblioteekboeke so koop ..
LikeLiked by 2 people
Ouch. Daar is een spesifieke bib boek waaroor ek spyt is dat ek dit nie gekoop het nie. Dit was ‘n fotoboek vir kinders, maar die dogtertjie daarin kon net sowel my dogtertjie wees. Haar absolute ewebeeld.
LikeLiked by 1 person
Ai
LikeLiked by 1 person
Snaaks, ek het dit in my jongdae baie gedoen voor my troue. Nooit weer nie. Dalk moet ek weer begin.
LikeLike
Inderdaad, er is maar één boek Heilig en dat is De Bijbel.
Jammer genoeg wordt dit Boek steeds minder gelezen (hier in Vlaanderen toch)
Weinigen kunnen zelfs nog een kruisteken maken; In de naam van De Vader, De Zoon en De Heilige Geest. Amen
Ben trouwens van plan om binnenkort samen met enkele andere mensen dien nog gelovig zijn een Blog te beginnen rond Het Geloof.
Bedankt voor dit mooie bericht.
Groetjes uit Vlaanderen 😀
Theo
LikeLiked by 1 person
Ja, inderdaad is daar minder mense wat dit lees. Tog hartseer. Maar hulle wat dit lees vind geweldig baat daarby. Begin gerus daardie blog. 😁
LikeLiked by 1 person
Bedankt, dat geeft me de motivatie om er volgende maand mee te beginnen.
Laat Jou dan zeker meer weten
Groetjes
Theo
LikeLiked by 1 person
Soek hom op google
LikeLiked by 1 person
Kan nie sy naam onthou nie.
LikeLike
Daardie klavier…ratel en rinkel hy wanneer daar ‘n jolige deuntjie gespeel word?
LikeLiked by 1 person
O ek weet nie, het net ‘n paar note gedruk om te hoor of hy vals is.
LikeLiked by 1 person
Volgende keer moet jy baie note druk om te toets of hy ratel!
LikeLike
Ek sal onthou! 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam Toorts. Dis vir my lekker om ‘n boek te lees wat wys dat hy al deur baie mense gelees is. Gee hom karakter. My Knowing God boek het uitmekaar geval en geen tape wou hom meer bymekaar hou nie. Voel soos ‘n ou vriend wat ek in die asblik moes gooi.
LikeLiked by 1 person
Later was hy amper onleesbaar gelees.
LikeLike