Internetbetalings kan gevaarlik wees. Dit is natuurlik nodig om altyd seker te maak dat wanneer jy ‘n internetbetaling doen, die slotjie in die adreslyn toe is en nie oop nie. En dat die adreslyn begin met htpps. Sonder die S soek ons moeilikheid.
Jy kan natuurlik deesdae by baie winkels kontant trek wanneer jy jou inkopies betaal. Terselfdertyd. Ek dink dat dit ‘n wonderlike funksie is, want dit verminder die kontant wat die winkels moet bank met al die gevare en kostes wat daarmee saamgaan, maar ook vir jou as kliënt spaar dit baie moeite en selfs ook koste.
Absa, Capitec en FNB se bank apps het nou ‘n ‘scan to pay’ funksie. By ABSA val dit onder QR betalings, by FNB en Capitec word dit ‘scan to pay’ genoem. In plaas daarvan dat jy nou Snapscan op jou foon hoef af te laai en weer eens jou kredietkaartbesonderhede vir ‘n app te moet gee, kan jy nou net eenvoudig met jou gewone bank app dieselfde betaling doen op ‘n baie veiliger manier. Wat so lekker is, is dat jy ook internetbetalings op dieselfde manier kan doen deur, wanneer jy wil betaal, die Snapscan opsie te kies, maar met jou bank app te betaal. Dit werk uitstekend.
By FNB se app kan jy ook ‘n virtuele kredietkaart skep. Wanneer jy ‘n internetbetaling wil doen, gebruik jy dan eerder die virtuele kaart in plaas van jou gewone kredietkaart. Die voordeel van die virtuele kaart is dat die klein nommertjie agterop die kaart elke uur verander, wat dit ook baie veiliger maak.
Wat vir my verskriklik oulik is op die FNB app, is die ‘Cashless cash withdrawal’, kaartlose kontantonttrekkings. Jy tik jou app se password in om die app oop te maak. Dan kies jy die bankrekening waaruit jy die geld wil trek en die bedrag. Dit kan jy in die veilige spasie van jou huis of waarookal doen. Die bank stuur dan vir jou ‘n Pinnommer. By die kitsbank aangekom, hoef jy nie ‘n kaart in te druk wat gekloon, gesteel of ingesluk kan word nie. Al wat jy moet doen is om Cardless Cash Withdrawel te kies, jou selnommer en die pin wat hulle vir jou gestuur het. Baie maklik en effektief!
Ag, daar is beslis nog baie opsies om van te kies by elke liewe bank se toepassing (app). Ek dink nogal dat ‘n mens soms dit moet ondersoek, want die doel daarvan is beslis om dit vir ons as kliënt dinge te beveilig en te vergemaklik.
Groete
Toortsie
Dankie,Toortsie,jy is lekker op datum.
LikeLiked by 1 person
Wie het ooit gedink die mens sal so ver kom wat werk met geld betref?
LikeLiked by 1 person
Ja, en daar is nog baie meer, soos om jou eie qr code te skep en dan scan die ander ou dit net om jou te betaal.
Of van die een foon na die ander.
Of na die selfoonnommer.
Soveel maklike maniere as selfs eft.
LikeLike