Weggesteekte boekmerke

Weggesteekte boekmerke kan jou behoorlik kniehalter. Wanneer ‘n mens ‘n boek regkry om as E-boek vry te stel by Smashwords, is daar baie ou klein dingetjies wat jy moet regkry voordat jy die boek kan publiseer. Die lekkerte van Smashwords is dat as jy by hulle publiseer, hulle die boek stuur na al die ander groot e-boekverkopers, soos Amazon, Kobo en nog ‘n hele klomp ander. Jy doen dus een keer ‘n behoorlike werk en as die boek aan al hulle vereistes voldoen, stuur hulle dit aan vir die ander om ook daar verkoop te word.

Dus, wanneer jy jou boek publiseer, gaan ‘n rekenaar dit die eerste keer deur om te kyk of alles volgens standaard is. Daar is sekere goed wat Smashwords toelaat, maar nie die ander handelaars nie. Jy kan dus jou boek al by Smashwords bemark terwyl jy nog aan van die goed moet werk.

Wat baie lekker is, maar eintlik baie sleg as jy daaraan dink, is dat hulle vir jou ‘n verslaggie stuur van alles wat jy moet regstel. Dit sluit nou nie taal- en tikfoute in nie, maar eerder formatteerfoute. Hulle gooi jou egter nie in die diepsee in en laat jou alleen soek nie. Die Style Guide is wonderlik en help jou regtig stap vir stap om jou e-boek uitgeebaar te kry. Al wat jy moet doen, is om te konsentreer dat jy dit regtig alles mooi volg.

Met die opstel van my e-boek, Toortsie’s Banting Bash, het ek iewers iets verkeerds gedoen. Ek vermoed baie sterk dat dit iets te doen gehad het met die versteekte boekmerke. (Hidden bookmarks). Om een of ander rede het ek daarmee gesukkel en ek dink dat ek net ses van die honderde versteekte boekmerke verwyder het. Die gevolg? Die skakels het nie reg gewerk tussen die inhoudsopgawe en die resepte nie. Ek het die boek eers weer afgehaal om seker te maak dat alles werk. Daarná het ek alle skakels in die boek verwyder en dit oorgelaai van voor af.

Dit is nou reggestel! Ek vertrou my Engelse Toortsie sal nou die ding doen! My boek is besig om te laai by Smashwords! Jaaaa!

Toortsie

Dis opgelaai! Dit werk! Geen weggesteekte goggatjies meer nie! Jy kan dit HIER aflaai. (Daar is ‘n opsie waar jy 10 % van die boek gratis kan aflaai, of die gekoopte, volle weergawe.

9 thoughts on “Weggesteekte boekmerke

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s