Bestel Toortsie se boeke hier

Toortsie het al ‘n hele verskeidenheid boeke beskikbaar: In druk en sommige as e-boek.

  1. Toortsie se Bantingboerekos (Toortsie 1)

Meer as 2 800 boeke verkoop in Afrikaans en Engels!

Toortsie se Bantingboerekos is meer as net ‘n resepteboek. Dit bevat smaaklike, vinnige en maklike resepte wat in gewone huise met gewone bestanddele gemaak kan word. Al hierdie resepte is geskik vir die Bantingleefstyl, vir Keto, Paleo, LCHF. Selfs diabete kan baat vind by hierdie resepte en alle mense wat hou van lekker eet. 

Toortsie vertel ook haar verhaal, haar reis sedert sy in Julie 2014 begin het om die Bantingeetplan te volg. 

Dis ‘n lekker leesboek tesame met ‘n resepteboek. 

Bestel die gedrukte boek direk by Madelé Burger by 082 563 8351 of e-pos na: madeleburger@gmail.com. Ook beskikbaar by bidorbuy.co.za.

2. Toortsie’s Banting Bash! (English version of Toortsie se Bantingboerekos)

Nearly 500 copies sold in English. 2800 copies sold in Afrikaans and English.

Toortsie’s Banting Bash! is more than just a recipe book. It is full of quick, easy and tasty recipes you can make in an ordinary kitchen using ordinary ingredients. All of the recipes are suitable to the Banting lifestyle. 

Toortsie also tells her story, her journey since starting the Banting eating plan in July 2014.

It’s not just a recipe book, it’s also a great read!

Madelé Burger is a mother, a grandmother and a farmer’s wife. She lives in the Overberg with her husband and they run a mixed farming operation. She is involved in the farm’s administrative work. 

This book is suitable for LCHF, Keto, Banting, Paleo and diabetes that follows the LCHF lifestyle. Also for people who loves nice food. 

Madelé loves people and she lives life to the full. She loves to travel and enjoys being outdoors. She writes about everyday things on her blog, about children, about life, and about her relationship with God. 

Her culinary experience comes from 30 years’ worth of cooking for her family. 

The book is available in print and as an e-book. 

Order the printed book directly from Madelé Burger at 082 563 8351 or e-mail to: madeleburger@gmail.com. It is also available at Bidorbuy.

Buy the e-book from Smashwords.com

Farmgirl from South Afrika

3. Hier’s die Toortsie weer! (Toortsie 2)

Toortsie is ‘n liggie en in hierdie boek skyn haar liggie weer eens op die Bantingleefstyl.

Ná die formidabele sukses van haar eerste boek, Toortsie se Bantingboerekos, was ‘n tweede resepteboek die natuurlike uitvloeisel daarvan. Hierdie boek bevat meer as sestig nuwe, maklike en geurige resepte, asook eenvoudige raad om die Bantingleefstyl met gemak te volg. 

Hier’s die Toortsie weer! is ‘n boek wat in elke kombuis sy plekkie sal volstaan. By Banters sowel as nie-Banters. Al die resepte in hierdie boek is geskik vir die LCHF-leefstyl: Banting, Paleo, Keto. Ook vir diabete wat hierdie leefstyl volg. Dit is ook uiters geskik vir almal wat hou daarvan om lekker te eet. 

Bestel die gedrukte boek direk by Madelé Burger by 082 563 8351 of e-pos na: madeleburger@gmail.com. Ook beskikbaar by bidorbuy.co.za.

4. Toortsie se Soetighede

https://c0.pubmine.com/sf/0.0.3/html/safeframe.htmlREPORT THIS AD

Madelé Burger, oftewel Toortsie, is ‘n boervrou, ma, ouma. Sy is lief daarvoor om te woel in haar kombuis. Sy volg sedert Julie 2014 die Bantingleefstyl en het reeds twee resepteboeke vir die Lae Koolhidraat Hoë Vet leefstyl suksesvol uitgegee. Hierdie boek bevat die soetighede wat in haar twee boeke voorkom. 

Die resepte is geskik vir LCHF, Banting, Keto, Paleo en vir diabete wat die LCHF-leefstyl volg. Dit is ook ideaal vir almal wat daarvan hou om lekker te eet.

Laai die GRATIS e-boek by Smashwords af.

Bestel die gedrukte boek direk by Madelé Burger by 082 563 8351 of e-pos na: madeleburger@gmail.com. Ook beskikbaar by bidorbuy.co.za

5. My kinderjare met betrekking tot vandag

Madelé Burger, oftewel Toortsie, is ‘n flitsliggie wat oral inskyn. In hierdie boek laat Madelé haar flitsliggie skyn op haar kinderjare en die manier waarop dit betrekking het op haar lewe as volwassene. Op ‘n humoristiese wyse vertel sy dinge wat sy beleef het en spot sy ook met haarself en die res van haar gesin. Is die boek ‘n outobiografie? ‘n Memoir? Besluit self! Wat dit wel is, is eerlik, vinnig en binne karakter. 

Madelé is ‘n dogter van die Overberg, gebore en getoë in Bredasdorp. Sy vertel storietjies uit haar lewe op die plaas, die skool en koshuis en kleur dit in met stories uit haar volwasse lewe. 

Sy het reeds twee resepteboeke, geskik vir die Bantingleefstyl, suksesvol uitgegee, naamlik Toortsie se Bantingboerekos en Hier’s die Toortsie weer. Toortsie se Bantingboerekos is ook in Engels uitgegee onder die naam Toortsie’s Banting Bash!

Madelé Burger is ‘n ma, ouma, huisvrou en boervrou. Sy en haar mna, Kobus, woon in die Overberg. Madelé is lief vir mense en leef die lewe voluit. Sy reis graag en geniet dit baie om in die natuur te wees. sy skryf in haar blog, toortise.com, oor alledaagse dinge, kinders, die lewe en haar verhouding met God. 

Bestel die gedrukte boek direk by Madelé Burger by 082 563 8351 of e-pos na: madeleburger@gmail.com. Ook beskikbaar by bidorbuy.co.za

Madelé Burger Bio

Madelé Burger is ‘n ma, ‘n ouma, ‘n boervrou en woon saam met haar man op hulle plaas in die Overberg. Hulle het ‘n gemengde boerdery. Sy is betrokke by die administratiewe werk van die boerdery. 

Madelé is lief vir mense en leef die lewe voluit. Sy reis graag en geniet dit baie om in die natuur te wees. Sy skryf op haar blog oor alledaagse dinge, kinders, die lewe en haar verhouding met God.

Haar kosmaakondervinding kom uit meer as dertig jaar se kook vir haar gesin. Sy volg die Bantingleefstyl sedert Julie 2014.

……………………………..

Madelé is deel van ‘n groep vroue, die Goue Vroue, wat regoor die wêreld woon en in Afrikaans skryf. Hulle skryf saam vervolgverhale en in hulle verbeeldingswêreld leef hulle in die magiese dorpie, Rebusfontein, iewers in Suid-Afrika. Die volgende gratis e-boek wat by Smashwords.com afgelaai kan word, is een van hulle vervolgverhale:

Goue vroue in Wonderland – deur die Goue Vroue

’n Groepie Towerinne beland in ’n storieboekavontuur. Tydens die ontrafeling van die verhaal ontdek hulle elkeen hulle Goue Eienskap wat van hulle die Goue Vroue maak.

In hierdie verhaal word ‘n groepie van die Towerinne “Goue Vroue”.

Hierdie boek is geskryf deur:
Aalsie
Appeltjie
Christa
Positief
Seegogga
Tannie Frannie
Toortsie
Una
Woordnoot

………….

Kyk ‘n bietjie watter oulike e-boeke daar alles by Smashwords te koop is.

Madelé Burger se profiel by Smashwords.

Onderhoud met Madelé Burger.

Toortsie

7 thoughts on “Bestel Toortsie se boeke hier

Gesels saam, asseblief!